Duisende rande se skade ná brand
2
Daar kom ’n gróót fees
Nóg ’n hoofstraat dalk omgedolwe
3
20
5
®
19 Augustus 2016
R6.00
Vaalwater-rioolplaas ’n
groot gemors Rou, ongesuiwerde riool loop daagliks in die Mokolorivier in — en die reënseisoen het nog nie eens aangebreek nie.
Die groen gras is ’n duidelike gevolg van rou riool wat daagliks uit riooldamme op Vaalwater stroom. Op die foto kan daar ook gesien word hoe riool oor een van die damwalle vloei.
Marlene Vermaak Die rioolwerke wat tussen die Vaalwaterdorpsgebied en die Spar@Zeederberg’ssakesentrum geleë is, is vir talle inwoners van Vaalwater ’n groot kopseer. “Rou, ongesuiwerde riool loop daagliks in die Mokolorivier in — en die reënseisoen het nog nie eens aangebreek nie,” het Rika van Staden, ’n bekommerde inwoner, aan Die Pos gesê. “Ek wil nie eens dink aan die hoeveelheid probleme wat die riool in die somer gaan veroorsaak nie.” Die Van Stadens se plaas grens aan die rioolwerke en hulle ry daagliks deur die riool op pad dorp toe. Tracy Cleet, nog ’n inwoner, vertel dat hulle reeds vir ’n aantal maande e-posse aan die Modimolle-munisipaliteit stuur met foto’s en klagtes oor die riool wat in die Mokolorivier vloei. “Die riool vloei ook by van die pype uit en oor die damme se walle. Ons is verskriklik bekommerd oor die uitwerking wat die rou riool op die omgewing het,” het Cleet gesê. Inwoners van Lephalale en plase noord van Vaalwater gebruik ook water uit die Mokolorivier vir huishoudelike gebruik. Patrick Shika, woordvoerder van die Modimolle-munisipaliteit, het op Dinsdagoggend, 16 Augustus, gesê hulle is bewus van die probleem en dat hulle besig is om daaraan te werk. “Ons grootste probleem is kriminele wat die kabeltoevoer na die rioolwerke steel. Dit veroorsaak dat die suiwering van die rou riool nie kan plaasvind nie en ons ook nie die sproeiers kan gebruik om die rioolwater te spuit nie,” het Shika verduidelik. “Ons wil ’n beroep op inwoners van Vaalwater doen om die kliëntediensnommer op Modimolle direk te skakel indien hulle van enige probleme op Vaalwater weet. Skakel tel. (014) 178 2004 om enige klagtes direk aan te meld en maak seker dat daar uitdruklik genoem word dat die probleem op Vaalwater is,” het Shika gesê.
12