BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Stof wil nie gaan lê oor Bela-Belabegroting Modimolle se boekwurms kry wind van voor
2 5
3 ®
19 Junie 2015
R6.00
Vrou vir dood by treinspoor gelaat
Botsing reg van voor Een dood en nog een kritiek Marlene Vermaak ’n Man is dood en ’n jong vrou ernstig beseer tydens ’n botsing reg van voor op Vrydag, 12 Junie, op die berugte R33-pad tussen Vaalwater en Modimolle. Volgens ooggetuies het ’n minibus-taxi vermoedelik die ongeluk veroorsaak, maar die bestuurder het nie op die toneel stilgehou nie. Hendrik Deetlefs (30) van Tuine in Pretoria-Wes is in die ongeluk dood. Hy was na verneem word na Pretoria onderweg toe die bestuurder van die minibus onverwags voor hom gerem het. Deetlefs het uitgeswaai in ’n poging om ’n botsing te vermy en het reg van voor teen die voertuig van Marianke van Dyk (23) van Belfast in Mpumalanga gebots. Sy was na verneem word op pad na Lephalale om by haar verloofde te gaan kuier. Dr. George Scharf van Sinoville en ’n paramedikus (net bekend as J. Steenkamp) het volgens die polisie in twee afsonderlike voertuie agter Van Dyk op die R33 gery toe die ongeluk gebeur het. Albei het stilgehou en vermoedelik Van Dyk se lewe gered omdat hulle dadelik die nodige toerusting en trauma-kennis gehad het om haar te help.
Deetlefs is op die toneel dood verklaar. Scharf het ook die noodhelikopter ontbied wat Van Dyk na die Sandton Medi-Clinic geneem het, waar sy die volgende dag geopereer is. “Ek het ongeveer 14:00 op die ongelukstoneel aangekom,” het Herman Steyn, Die Pos se fotograaf, vertel. “Ek was op pad huis toe nadat ek foto’s vir ’n komende wildveiling gaan neem het. Die polisie van Modimolle was besig om die verkeer te reguleer.” Volgens Steyn het die twee mans onverpoosd gewerk om ’n erg getraumatiseerde en bebloede Van Dyk kalm te hou en te behandel. Scharf was in ’n stadium plat op sy maag op die teerpad besig om haar te behandel. Die bestuurder van die minibus wat vermoedelik die ongeluk veroorsaak het, het glo van die toneel af weggery. Volgens ao. James Findlay, polisiewoordvoerder op Modimolle, is ’n saak van strafbare manslag geopen. Die dossier sal spoedig na die polisie op Vaalwater gestuur word omdat die ongeluk in hulle distrik plaasgevind het. Polisielede van Modimolle het slegs met die toneel gehelp aangesien Vaalwaterpolisielede reeds besig was met ’n ander ongeluk.
Dr George Scharf van Pretoria behandel vir Marianke van Dyk (23) nadat sy in ’n ongeluk op die pad tussen Vaalwater en Modimolle betrokke was. Die taxibestuurder wat glo die ongeluk veroorsaak het, het van die toneel af weggery. Foto: Herman Steyn
WEN!
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
20
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER