Die Pos 19 Oktober 2012

Page 1

G E L I S E N S I E Ë R D

KONTAK

(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)

®

www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus

Hoë vals beskuldig Ampsdraer was nié dronk en nié in sy ampsmotor BLADSY 2

R5.00

19 Oktober 2012

diepos.linmedia.co.za

Betogers neem munisipaliteit neem munisipaliteit op horings

Millin Krause sterf Jarelank ’n munisipale kenner en staatmaker BLADSY 3

Warm op sy spoor Dis ’n Pretorianer wat dreig met bomme BLADSY 5

ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza

Stakende werknemers van die Bela-Bela-munisipaliteit het op Dinsdag, 16 Oktober, betoog ná ’n meningsverskil met die munisipale bestuur. Foto: Ingrid Pepler

Ingrid Pepler Woedende werknemers van die Bela-Bela-munisipaliteit het vandeesweek tydens ’n onwettige betoging ’n hoop rommel in die voorportaal van die munisipale kantore uitgegooi en urelank die ingang versper. Die sowat 50 lede van die SuidAfrikaanse munisipale werkersvereniging (Samwu) het Dinsdagoggend, 16 Oktober, omstreeks halftien die oggend oproerig geraak ná ’n meningsverskil met die bestuur van die munisipaliteit. Toe Die Pos enkele minute later by die munisipale kantore in Chris Hanistraat opdaag, het inwoners van die dorp hul misnoeë te kenne gegee omdat hulle nie hul rekenings kon betaal nie. Tientalle werkers het gestaan en getoyi-toyi en struggleliedjies gesing voor die ingang van die gebou. Hulle het ook stokke in die lug rondgeswaai. ’n Hele string polisievoertuie was op die toneel en polisielede het ’n wakende oog oor die betogers gehou. Die munisipale bestuur het gesê die polisie is daar om te keer dat inwoners geïntimideer word. Volgens die Samwu-lede is hulle ontevrede omdat die munisipaliteit hulle in kennis gestel het dat hulle nie betaal gaan word omdat hulle op Vrydag, 5 Oktober, aan ’n protesoptog in Polokwane gaan deelneem het. ’n Meningsverskil het ontstaan omdat hulle beweer hulle het wel ’n amptelike aansoek by die munisipaliteit ingedien om die protesoptog by te woon. Die munisipale bestuurder, Sam Bambo, lede van die uitvoerende komitee van die munisipale raad, Lucas Nhlapo, Kobus van der Merwe, en die burgemeester Freddy Hlungwane, asook lede van die munisipale veiligheidsbestuur was in druk gesprek met die polisie op die toneel.

BESPREKINGS WORD

AANBEVEEL!

Bambo het gesê die Samwuwerknemers het op 5 Oktober weggebly van die werk en het die unie se protesoptog gaan bywoon. “Nou is hulle terug en dring aan op betaling vir ’n dag wat hulle nie gewerk het nie.” Een van die werknemers, wat anoniem wil bly, het op die toneel gesê die vakbondverteenwoordigers (shop stewards) het wel verlofvorms vir alle lede wat aan die optog wou deelneem, ingedien. Dit blyk egter dat die vorms glo nie betyds deurgestuur is nie. Die munisipale bestuur en die betogers het omstreeks tienuur samesprekings begin voer onder die wakende oog van die polisie wat toesig gehou het. Vakbondverteenwoordiger, Gosh Rachidumela, het aan The Beat gesê die unie het op Donderdag, 4 Oktober, samesprekings gehou met bestuur om die kwessie te bespreek omdat provinsiale leiers van Samwu versoek het dat lede die optog moet bywoon. “Ons het ’n mondelinge ooreenkoms met bestuur gehad maar kon nie die vorms teken nie omdat ons reeds 07:00 vertrek het en die munisipaliteit begin eers 07:30 werk. “Ons was geskok toe ons gehoor het dat ons nie betaal gaan word nie vir die dag se verlof wat ons ingesit het nie,” het hy gesê. Matome Sebelebele, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die Samwu-lede het op Vrydag, 5 Oktober, na Polokwane gegaan sonder die toestemming van die munisipale bestuur. Hy het bevestig dat hulle Dinsdag betoog het omdat hulle gehoor het hulle gaan nie betaal word vir die dag nie. “Die saak geniet aandag. Ons het ooreengekom om die geen werk, geen betaling-beginsel tydelik op te skort totdat die uitvoerende komitee ’n besluit hieroor geneem het,” het hy gesê.

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.