Die Pos 1 April 2016

Page 1

Polisie slaan toe op daggatuin

3

Minder sterftes oor Paastyd

4

Groot rugby by Hansieweek

23

®

1 April 2016

R6.00

Personeel en kliënte is verlede week in die Edgars activeklerewinkel op Bela-Bela deur ’n groep rowers aangehou. Dit is die soveelste keer dat hierdie winkel geteiken word.

Rowers hou personeel en kliënte gyselaar Andries van der Heyde Personeel en kliënte was uiters geskok nadat rowers hulle op Vrydag, 25 Maart, in die Edgars active-klerewinkel op Bela-Bela aangehou het. Dit is die soveelste keer die laaste paar jaar dat hierdie winkel in die hoofstraat op die dorp deur rowers geteiken word. Yolande Grobler en haar man, Martin Diener, was onder die kliënte in die winkel tydens van die roof. Grobler het aan Die Pos gesê drie mans het die oggend “op hul gemak” by die winkel ingestap asof hulle gewone kliënte is. Een het skielik ’n vuurwapen op die

mense gerig en almal in die winkel beveel om een vir een na die kamer agter in die winkel te beweeg. Die kliënte, asook die veiligheidsbeamptes, is beveel om op die grond te lê terwyl die rowers die winkel deursoek het. “Daar lê jy en jy weet nie wat volgende gaan gebeur, en of hulle gaan terugkom om jou te skiet nie. Dit was geen tyd om ’n held te wees nie, so ons het maar kalm probeer bly,” het Grobler gesê. Een van die rowers het kort-kort by die kamer ingeloer om die mense in bedwang te hou terwyl die ander die winkel deursoek het, het sy gesê. Volgens inligting van die Bela-Belapolisie het een van die rowers vir die kluis

se sleutels gevra, waarna hulle 118 selfone uit die kluis gevat het. Grobler het gesê die rowers het niemand vir hul persoonlike besittings gevra of seergemaak nie. Die waarde van die selfone word volgens die polisie op sowat R139 000 geraam. Volgens Grobler het sy verneem dat die mans nie Suid-Afrikaners is nie. Sy sê sy het onder meer littekens op hul gesigte, asook goue tande in van hul monde, opgemerk. Volgens inligting van die Bela-Bela Crime Support Group, het die rowers in ’n silwer voertuig met die registrasienommer CDS 325 L gevlug. Daar was vermoedelik nog ’n man buite by die voertuig terwyl die ander drie in die

winkel besig was. Hulle is steeds nie aangekeer nie. Nadat die rowers gevlug het, is die polisie ontbied en moes al die slagoffers verklarings aflê. “Ons was ’n bietjie geskok en het vir twee dae daarna slegte drome gehad, want jy doen nog een oomblik inkopies en skielik lê jy op die grond. Dit was ’n eerste vir ons, maar ek sal altyd die buurtwag op die dorp eerste skakel om vinnige reaksie te kry,” het Grobler gesê. • Verlede jaar in April het sewe rowers ook dié winkel probeer beroof, maar die polisie het kort ná die poging tot roof drie in hegtenis geneem. Vyf van die rowers het weggekom.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.