Groot skade ná inbraak by laerskool
2
Bouwerk aan Thaba-pad kry wind van voor
3
Die Limpopo-padagentskap het verlede week die stuk pad tussen Klein-Kariba en Bela-Bela begin regmaak. Dié pad is in Maart vanjaar deur twee erge vloede beskadig. Volgens Thabo Mothokwa, uitvoerende bestuurder van paaie en stormwater by die Bela-Belamunisipaliteit, val dié stuk van die R101 onder beskerming van die SuidAfrikaanse padagentskap (Sanral). Mothokwa het gesê dit is tans onduidelik wanneer die pad ten volle herstel sal wees. Dipuo Peters, minister van vervoer, het onlangs aangekondig dat R9,3 biljoen begroot is om provinsiale paaie regoor die land op te gradeer en te herstel. Foto: Herman Steyn
Isak Burger dié naweek op Bela-Bela ®
R6.00
1 Augustus 2014
21
Herstelwerk begin
Johannes Makiltia het ’n sieklike William James Orton gekry waar hy verdwaal het op pad dokter toe, en hom toe in sy kruiwa laat klim en dorp toe gestoot.
Barmhartige Samaritaan kom tot verdwaalde kankerlyer se redding Andries van der Heyde Daar is nog baie mooi stories en goeie mense in ons land — dít het ’n bejaarde inwoner van Bela-Bela die afgelope week deeglik ondervind. William James Orton (73), ’n pensionaris van Bela-Bela, was op Maandag, 28 Julie, op pad dorp toe om sy dokter te gaan sien. Pleks van sy gewone roete af in Van der Merwestraat (waar hy woon), het hy in die rigting van die gholfbaan geloop en verdwaal. Toe hy besef dat hy verdwaal het, kon hy nie meer verder loop nie en het gaan sit. Johannes Makiltia, ’n tuinier op die dorp
WEN! WEN! WEN!
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
wat daar verbygeloop het met sy kruiwa, het hom daar gekry en gevra of hy kan help. Makiltia het voorgestel dat Orton in die kruiwa klim en gesê hy sal hom stoot tot waar hy moet wees. Hy het vir Orton tot by sy dokter se spreekkamer gestoot. Orton het aan Die Pos gesê hy is 18 maande gelede met kanker gediagnoseer en neem verskeie soorte medikasie. Hy sukkel veral om te loop. Sy gesondheid het die afgelope ruk só agteruitgegaan, dat hy tans skaars die skaal op 40 kg trek, het hy gesê. Orton sê hy is baie bevoorreg en bly dat daar nog mense soos Makiltia is wat ander in nood help.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER