Raadslid moet hof toe oor grondgryp
2
Dorp sonder water oor werkers staak
3
®
1 Desember 2017
R6.00
Nagmerrie vir topatleet, vriende en familie “Ek het amper my kind en my man op een dag verloor. Dit was net die Here se genade wat hulle veilig gehou het; dit kon niks anders gewees het nie.” — Ursula Süllwald Andries van der Heyde Die Sonskyndorp se driekamptrots, Wian Süllwald, en twee van sy vriende is op Sondag, 26 November, op sy ouers se plaas in die Roodekuil-omgewing buite die dorp deur gewapende rowers aangehou. Die voorval het tussen 17:00 en 18:00 op die plaas, BK boerdery, ’n varkplaas wat aan die Süllwald-familie behoort, plaasgevind. Wian, ’n voormalige junior wêreld driekampkampioen, was die middag saam met twee van sy vriende by die huis toe ’n wit Toyota Tazz, met ’n paar mans in op die werf stilgehou het. Sy ouers, Manfred en Ursula, was op daardie stadium in die nabygeleë huis waar Manfred se ouers woon. Wian het uitgegaan om te hoor wat die mans wou hê. Ursula het die afgelope week aan Die Pos gesê die mans het voorgegee dat hulle varkvleis wou koop. Wian is binne oomblikke met vuurwapens die huis ingedwing. Die rowers, wat op daardie stadium vyf was, het die drie jong mans in die huis met kabels vasgebind. Die booswigte het op die kluis se sleutels aangedring en van kamer na kamer beweeg op soek na buit, het Ursula gesê. Kontant, vuurwapens, juwele en elektroniese toestelle is onder meer gesteel terwyl ’n vuurwapen op Wian en sy vriende gerig is. Hulle name word op versoek nie bekendgemaak nie. Manfred se broer, Etienne, het die rowers oor ’n afstand op die werf gewaar en na hulle geroep. Dit is toe dat die rowers in hul
voertuig gespring en weggejaag het, het Ursula gesê. Volgens Chris Esterhuizen, voorsitter van die Roodekuil, Turfbult en Langkuilbuurtwag (RTL), het Manfred die rowers in sy pa se voertuig op die grondpad ingehaal en hulle van die pad af gedwing. Etienne, in sy voertuig, was nie ver agter nie en het hulle ook ingehaal. Esterhuizen het gesê die rowers het tydens die jaagtog met vuurwapens op die twee broers losgebrand, maar die koeëls het net die voertuie getref. Nadat die rowers van die pad gedwing is, het hulle in verskeie rigtings gevlug en die beskadigde Tazz agtergelaat. “Ek het om 17:30 op die noodroep gereageer en daarheen gejaag. Ons het drie rowers binne 20 minute vasgetrek. Die polisie het eers later daar aangekom,” het Esterhuizen gesê. Soos wat die rowers gevlug het, het hulle hul buit in die veld laat val en is van die items teruggekry. ’n Soektog is sedert die voorval geloods om die res van die items terug te kry. Lede van die Heritage Protection Group (HPG) het ook die toneel besoek om spoorsnywerk te doen. Volgens die polisie was daar vermoedelik vyf rowers in twee voertuie (die Tazz en ’n onbekende rooi voertuig) by die voorval betrokke. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring bevestig dat die rowers tydens die jaagtog op die twee boere geskiet het. Esterhuizen het teen druktyd bevestig dat hulle een van Manfred se handwapens wat
Die beskadigde wit Toyota Tazz (onder) waarmee die rowers weggejaag het voordat hulle deur familielede van die Süllwalds van die pad afgedwing is. Hulle het daarna op die vlug geslaan. Drie verdagtes is reeds in hegtenis geneem.
Wian Süllwald, voormalige junior wêreld driekampkampioen, is saam met twee van sy vriende deur gewapende rowers by sy ouerhuis op Roodekuil aangehou. gesteel is, in die veld gekry het, maar die ander wapen is steeds weg. Van die verdagtes is egter steeds op vrye voet. Intussen ontvang die drie jong mans wat vasgebind is en die res van die getraumatiseerde familie, berading. “Wian is kwaad en getraumatiseerd na alles wat gebeur het. Hy het aan my gesê terwyl hy daar met ’n pistool teen die kop aangehou is, het hy net vir kalmte gebid. Hy het ook gebid dat ons nie op daardie oomblik huis toe moet kom nie, want anders sou hulle ons doodgeskiet het,” het Ursula gesê. “Ek het amper my kind en my man op een dag verloor. Dit was net die Here se genade wat hulle veilig gehou het; dit kon niks
anders gewees het nie.” Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is, het op Dinsdag, 28 November, hul eerste verskyning in die Bela-Bela-landdroshof gemaak op aanklagte van poging tot moord, huisroof en besit van gesteelde items. Die verdagtes, Andries Ramakgoakgoa (47), Henry Bahula (42) en Steven Sibuyi (30) se saak is uitgestel na Dinsdag, 5 Desember, vir verdere ondersoek en vir hul borgaansoek. Die soektog na die ander verdagtes duur voort. * AfriForum se Limpopo-takke het op Dinsdag, 21 November, memoranda aan die plaaslike polisiestasies in die provinsie oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig (Lees die brief op bl. 11.)
8