Die Pos 1 Julie 2016

Page 1

Aanvaller kry 14 jaar

5

Mooiste Mookgophong

6

Volleyball his claim to fame

24

®

Nommer twee 1 Julie 2016

R6.00

Tina Deysel en Toekie Matthee, inwoners van Residentia-ouetehuis op Modimolle, het by dié aftreeoord heerlik om die ontbyttafel saam met Suid-Afrika se adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, gekuier. Foto: Herman Steyn

Ronél van Jaarsveld Dis nie elke dag dat inwoners van die Residentia-ouetehuis die geleentheid kry om hul Sondag-ontbyt saam met die adjunkpresident te eet nie. Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se nommer twee burger, het op Sondag, 26 Junie, besoek afgelê by die ouetehuis en op sy versoek weggelê aan die inwoners se gewone Sondag-ontbyt: ’n bordjie Weetbix met warm melk en roosterbrood met kaas

en tamatie. Ramaphosa het die dorp saam met die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, besoek as deel van ’n ANC-byeenkoms in Phagameng. Hy het ook die familie van Joy Matshoge, Limpopo se LUR vir landbou, wat Saterdagnag, 25 Junie, oorlede is in ’n ongeluk buite Mokopane, besoek. Haar familie woon in Phagameng. Hoewel die naweek gekenmerk was deur ANC-voertuie en t-hemde wat oral in die dorp sigbaar was, sê Annet Wolhuter, die bestuurder van die ouetehuis, dat daar geen

politiek gepraat is tydens sy besoek nie. “Dit was ’n gesellige kuier en mnr. Ramaphosa was baie ordentlik. Hy het belanggestel in hoe die ouetehuis bestuur word en in die inwoners se lewens,” het sy gesê. Sy het vertel dat die tehuis afhanklik is van staatsubsidie en dat die doel van sy besoek hoofsaaklik gehandel het oor hoe doeltreffend staatsfondse bestee word. Die burgemeester op Modimolle, Meisie Kgaretja Lekalakala, en Mathabatha het ook die ontbyt bygewoon. “Ons het ’n voorstel dat ons sonpanele en

sonkraggeisers wil installeer aan hulle verduidelik. Mnr. Ramaphosa was baie beïndruk met dié plan,” het Wolhuter gesê. Sy sê dat Lekalakala gevra het hoe die munisipaliteit behulpsaam kan wees met die plan. Wolhuter het gesê die adjunkpresident se span het versoek dat hulle niks aan hul spyskaart verander nie. Die munisipaliteit het die kostes verbonde aan die ontbyt gedra. “Ons het aan mnr. Ramaphosa gesê dat ons bekommerd is dat van die bejaardes soms tot ses ure by die hospitaal moet wag voordat ’n dokter hulle kan sien. Ons werk aan ’n plan dat hulle die dokter via Skype kan raadpleeg,” het sy gesê. * Die opkoms van ANC-ondersteuners in Phagameng was glo power. Volgens bronne kan dit toegeskryf word daaraan dat inwoners die josie in is omdat premier Mathabatha steeds nie sy beloofde terugvoering gegee het ná die onluste op die dorp in Mei vanjaar nie. Inwoners het die burgemeester, Meisie Kgaretja Lekalakala, se kop tydens die onluste geëis, maar sy is volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) tweede op die ANC se kandidatelys en staan ’n goeie kans om weer as burgemeester verkies te word, sou die ANC genoeg stemme verwerf.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.