Vrou sterf nadat by haar steek
2
Hof hoor grusame detail oor moord
6
®
R8.00
1 Junie 2018
Woedende stakers versper strate in Mookgophong Mookgophong se invorderingstempo is te stadig om almal te betaal.
Munisipale amptenare het die paaie in Mookgophong op Dinsdag 29 Mei en Woensdag 30 Mei met brandende bande en sementblokke versper tydens ’n staking weens die laatbetaling van hul salarisse. Marietjie Steenkamp ’n Groep stakende munisipale werkers van Mookgophong het op Dinsdag 29 Mei en Woensdag 30 Mei paaie in die dorp versper en motorbande in Thabo Mbekistraat en Nelson Mandelalaan aan die brand gesteek. Die werkers se woordvoerder, Ernie Mbiza, het aan Die Pos gesê hulle is ontevrede omdat hulle nie vandeesmaand hul salarisse betyds ontvang het nie. Volgens Mbiza het hulle eers op Vrydag 25 Mei kennis ontvang dat hulle laat betaal sou word. Die stakers het vereis dat die waarnemende munisipale bestuurder, Mapule Mokoko, hul griewe moes aanhoor. Sy was egter in Polokwane vir die dag. Nadat die stakers dié nuus verneem het,
het hulle begin om vullisdromme in Nelson Mandelalaan uit te gooi en die sementvullisdromme af te breek. Stoptekens by die kruising van Nelson Mandelalaan en Vierde Straat is ook afgebreek en op die grond gegooi. Buitebande is voor die hotel en by die verkeerslig voor Waltkon aan die brand gesteek terwyl die stakers lui-drugtig gesing en geskree het. Die stakers was soms baie aggressief en het verbygangers wat foto’s wou neem geïntimideer en gevloek. Die polisie in die dorp het verkeer in Thabo Mbeki herlei en motorryers moes ’n ander roete neem om deur die dorp te ry. Mbiza het gesê werkers is nou in die knyp omdat hulle maandelikse aftrekkings en mediese verpligtinge het, wat hulle nie kan nakom nie weens die laat betaling van hul
salarisse. Een van die stakers, wat anoniem wou bly, het ook gesê dat hulle reeds in Februarie met die vorige munisipale bestuurder (OP Sebola) oor die aangeleentheid van salarisse gepraat het. Mbiza het aan Die Pos die versekering gegee dat “geen privaat eiendom beskadig sal word nie”. Burgemeester Marlene van Staden het in reaksie gesê al die werkers sal hul salarisse voor die einde van die maand ontvang. “Mookgophong se invorderingstempo is te stadig om almal te betaal. Die stakers was reeds verlede week in die munisipale bestuurder se kantoor oor die saak,” het sy gesê. Die leiers van die groep het teen Dinsdag om 13:00 met raadslid Hercules Louw en ander raadslede by die polisiestasie in die dorp vergader. Die groep het rustiger geraak
en in klein groepies gesit en wag op die uitslag van die vergadering. Hulle het egter steeds die strate met sementvullisdromme en klippe versper. Die Pos het verneem ’n ooreenkoms om die salarisse teen Dinsdagaand te betaal, is teen 14:30 bereik. Mbiza het gesê hulle sal die saak dophou voor verdere optrede. Die pad deur die dorp was teen 15:00 weer oop vir verkeer. Die volgende oggend het die staking egter wéér opgevlam. Dié keer is gevalle aangemeld waar voertuie met klippe bestook is. Die polisie het ingegryp en nadat rubberkoeëls afgevuur is, het die stakers uiteen gegaan. Teen druktyd het lede van die sakeforum op die dorp gehelp om die strate op te ruim.
8