Man bestook GPFlid met klippe
2
Vaalwater loop deur onder booswigte
3
®
1 September 2017
R6.00
Kewers net waar jy kyk
24
IN DIE SPERVUUR Mosie van wantroue teen burgemeester en speaker beoog Ronél van Jaarsveld Die politieke wipplank het vandeesweek weer die hoogte ingeskiet nadat gerugte die ronde begin doen het dat die opposisie beplan om die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit se burgemeester en speaker uit hul stoele te lig deur ’n mosie van wantroue teen hulle in te dien. Dit sal die politieke landskap soos wat dit nou daar uitsien drasties verander. Burgemeester Marlene van Staden en speaker Johann Abrie sal dan as gewone raadslede in die nuwe politieke bestuurspan dien. Abrie het inwoners vandeesweek oor dié beplande mosie op ’n diensleweringsgroep ingelig. Vir dié mosie om suksesvol te wees, sal die 13 ANC-raadslede die hulp van die ses EFF-raadslede nodig hê om saam met hulle ten gunste van die mosie te stem. Sedert die munisipale verkiesing in Augustus 2016, was die EFF, DA en VF+ in ’n vennootskap om die munisipaliteit te bestuur en die EFF het die DA meestal in hul besluite tydens raadsvergaderings gesteun. Die DA het sewe raadslede en die VF+ twee. Met die EFF se steun het hulle dus 15 stemme teenoor die ANC Marlene van se 13 stemme in die Staden, raad. burgemeester. Teen druktyd vandeesweek was dié moontlike wending egter steeds net gerugte aangesien geen mosie nog
ingedien is nie. Volgens Van Staden moet só ’n mosie twee weke voor ’n raadsvergadering ingedien word. Die datum van die volgende vergadering is nog nie bepaal nie. Dit wil lyk asof Van Staden se mediaverklaring op Woensdag, 16 Augustus, en ’n versoek dat die openbare beskermer (OB) in Limpopo om ANC-raadslid en Mookgophong se vorige burgemeester, Sarah Monyamane, te ondersoek, die olie op die vuur was wat gelei het tot die praatjies van ’n beoogde wantroue-mosie. Van Staden het versoek dat die OB die vermorsing en onregmatige besteding ondersoek nadat ’n ondersoek ses verdagte transaksies wat R684 298 beloop, uitgelig het. Dié transaksies is glo deur Monyamane en verskeie diensverskaffers aangegaan in die aanloop tot die 2016-verkiesing. Luidens die mediaverklaring is daar nog 11 transaksies ter waarde van R279 905 wat verband hou met die “besteding van R250 000 aan geskenke wat ’n week voor die verkiesing aan kiesers uitgedeel is”. Die verklaring lui ook dat 15-sitplek taxi’s voor die verkiesing gehuur is teen ’n buitensporige bedrag van R120 per kilometer. “Dit is duidelik dat die korrekte prosedures wat op die voorsieningsketting van toepassing is, nie gevolg is nie,” het sy geskryf. Van Staden het op ’n navraag van Die Pos gesê dat sy nog nie in kennis gestel is van só ’n mosie nie. “Die EFF het ’n nasionale ooreenkoms met die DA en beloof weekliks aan hul ondersteuners dat hulle nié saam met die ANC sal werk nie. Indien hulle wel saam met die ANC stem in ons geval, sal dit lynreg teen hul beloftes aan die kiesers wees,” het sy gesê.
Johann Abrie, speaker.
8