Skok ná gewilde skoolhoof se dood
2
LUR positief oor Limpopo-ekonomie
5
®
20 April 2018
R8.00
SIEN BINNE
O gaats!
’n Groot vragmotor het op Donderdagoggend 12 April by die bedrieglike S-draaie tussen Modimolle en Bela-Bela omgeslaan en pens in die lug bly lê. Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, word daar vermoed dat een van die vragmotor se bande gebars het. Die voertuig het die pad verlaat, waarna dit omgeslaan het. Geen beserings is aangemeld nie. Die polisie kon nie sê aan wie die vragmotor behoort of watter vrag daarmee vervoer is nie. Foto: Herman Steyn
Storm rig groot skade aan Ronél van Jaarsveld ’n Hewige storm het op Woensdag 11 April derduisende rande se skade in Modimolle aangerig. Swaar onweerswolke het vanaf Bela-Bela se kant af aangepak voordat die storm net voor 14:00 losgebars het. Die storm, wat met sterk wind en plek-plek fyn hael gepaard gegaan het, het nie lank geduur nie. Sommige inwoners in die omgewing van die watertoring en Koro Creek-gholflandgoed het 46 mm gemeet terwyl Phagameng en omliggende dele soveel as 80 mm gemeet het. Die wind het tientalle bome omgewaai en groot takke afgebreek wat paaie versper het. ’n Kragdraad in die nywerheidsgebied het ook
omgewaai. Die wyke wat die ergste geraak is, is wyke 6, 8, 11 en 13. Die Phagameng-woonbuurt het die storm die ergste gevoel. “Derduisende rande se skade is aan die paaie aangerig,” het Marlene van Staden, burgemeester, gesê. “Die paaie in Phagameng se plaveisel het weggespoel, stormwaterpype het toegespoel en groot sinkgate het ontstaan. Naby die treinspoor was daar ’n grondstorting.” Sowat 500 huisgesinne is deur die storm geraak nadat die water hul sinkhuise beskadig of omgewaai het. Die krag was vir sowat ’n uur in die grootste deel van die dorp af voordat dit weer herstel is. Die munisipaliteit het volgens Van Staden hulp van oraloor ingeroep. “Dit gaan baie
geld kos om ons paaie reg te kry, maar veral om ons stormwaterhantering só te kry dat hierdie nie weer gebeur nie,” het Van Staden gesê. Volgens haar het hulle verlede week die provinsiale departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings (CoGHSTA) genader om hulp. Dié het op hul beurt hul rampbestuurspan gestuur om die probleem te ontleed. “Ek het ’n brief aan die LUR vir CoGHSTA geskryf en gevra vir rampbefondsing,” het Van Staden gesê. Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het kospakkies aan sowat 500 gesinne verskaf. Hulp is ook, volgens Van Staden, van die distriksmunisipaliteit en Gift of the Givers
aangevra. Rufus Mahoro, die ANC se wyksraadslid vir wyk 8, het by navraag gesê van die informele nedersettings se sinkhuise is deur die vloed weggevee. “Van die HOP-huise was ook onder water. Die paaie is in ’n verskriklike toestand,” het hy gesê. “As ANC-hoofsweep het ek die speaker versoek dat hy ’n spesiale raadsvergadering byeen moet roep om Modimolle as rampgebied te verklaar. Ek het nog nie ’n antwoord op my versoek ontvang nie,” het hy gesê. Hoewel inwoners gehoop het dat die hewige reënbui goeie nuus vir die leë dorpsdam sou beteken, het die dam slegs 5 mm reën ontvang, het inwoners wat daarnaby woon gesê. (Foto’s op bl. 2.)
8