Korrupte beamptes moet vir twaalf jaar tronk toe
2
Harde woorde oor munisipale amptenaar
4
Jonges plunder winkels ®
20 Februarie 2015
R6.00
3
Grafiese voorstelling: Willie Nel
Marietjie Steenkamp Die moontlikheid dat Modimolle en Mookgophong se munisipaliteite kan saamsmelt, is tydens ’n vergadering wat op Woensdag, 11 Februarie, deur Sarah Monyamane, burgemeester van Mookgophong belê is, bespreek. Dié voorgestelde eenwording is glo op aanbeveling van Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Gordhan het in skrywes in Desember verlede jaar en Januarie vanjaar aanbeveel dat verskeie munisipaliteite saamsmelt om finansiële stabiliteit te verseker. In Limpopo is die munisipaliteite van Mutale, Aganang, Maruleng, Fetakgomo, Modimolle en Mookgophong op die lys. Munisipaliteite in
Noordwes, die Oos-Kaap en Kwazulu-Natal is ook onder die voorgestelde munisipaliteite wat verkieslik moet saamsmelt. Altesaam 48 munisipaliteite word deur dié voorstel geraak. Volgens Hercules Louw, DA-raadslid op Mookgophong, is die meerderheid van die inwoners nie gelukkig met die idee nie. “Hulle voel dat ons self besluite moet neem oor ons bates en laste,” het hy gesê. Volgens die DA sal die eenwording geen voordeel vir Mookgophong inhou nie. Louw het gesê dat slegs amptenare voordeel sal trek deur hoër salarisse te ontvang vanweë die hoër gradering van die groter munisipaliteit. Baie sake, soos die amptenare en hul posisies, is nog duister, asook die praktiese inwerkingstelling van só ’n
WEN! WEN! WEN! Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za
beoogde samesmelting. Die probleme wat Louw uitgelig het, is onder meer die herverdeling van grense wat kan veroorsaak dat sekere politieke partye in die 2016verkiesings bevoordeel kan word. Die begroting vir die twee munisipaliteite sal ook na verwagting dieselfde bly. Die grootste rede vir die voorgestelde samesmelting is glo dat alle uitstaande skulde afgeskryf sal word. Die Pos verneem sowat R69 miljoen word nog aan die Mookgophong-munisipaliteit geskuld, waarvan R46 miljoen uit die woongebied kom, R4 miljoen deur die regering en R18 miljoen deur sakelui. Die DA het voorgestel dat die plase wat deur die munisipaliteit aangekoop is, verkoop word om die finansiële las te verlig. Louw het Roedtan as voorbeeld
gebruik en daarop gewys dat ’n buitesatelliet nie werk nie en dat dieselfde probleme telkens weer opduik ongeag die samesmelting van munisipaliteite. Die voorstel is in die staatskoerant asook in dagblaaie gepubliseer en die publiek het tyd tot Woensdag, 25 Februarie, om hierop te reageer. Volgens Afriforum sou inwoners van Mookgophong op Donderdag, 19 Februarie, ’n optog na die banketsaal op die dorp gehou het om hul misnoë met die situasie te toon. Die Pos kon nog nie kommentaar van die munisipaliteit op Mookgophong verkry nie. Inwoners kan hul besware of kommentaar rig aan: Die munisipale afbakeningsraad, Privaatsak X123, Centurion, 0046, faks na tel. 086 524 8643 of e-pos stuur na fazel@demarcation.org.za(.)
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER
14