Die Pos 20 Junie 2014

Page 1

Vrou helderoordag voor bekende winkel vermoor

Geliefde oud-onnie sterf ná operasie

4

Ontstoke werkers storm op raad se kantore af

7

2

®

R6.00

20 Junie 2014

Hospitaal moet verduidelik hoekom baba dood is, sê ouers kraamsaal geneem, waar die personeellede glo ook gesit en eet het. “Niemand het eens vir ons opgestaan nie,” het Dalten gesê. Bykans ’n halfuur later het ’n verpleegster na die egpaar gekom en ’n sonar gedoen. Sy kon glo nie die baba se hartklop vind nie. Dalten sê sy het ongeveer twee ure later ’n dokter gebel en Lientjie is ’n hospitaalbed aangebied. Daar is weer teen 14:00 en 18:00 sonars gedoen, maar daar was steeds geen hartklop nie. Lientjie sê dat sy egter dieselfde oggend nog gevoel het hoe die baba skop. Volgens Dalton is ’n dokter teen 18:00 ingeroep nadat die laaste sonar gedoen is. Die dokter het weer ’n sonar gedoen en die egpaar is toe ingelig dat hul baba dood is.

Lientjie en Dalten Fourie van Bela-Bela is diep teleurgesteld in die diens wat hulle by die Warmbad-hospitaal ontvang het, waar hul baba dood gebore is.

Andries van der Heyde ’n Egpaar van Bela-Bela is gebroke nadat hul pasgebore babaseuntjie, CJ, glo dood is ná die ouers se nagmerrie-ondervinding by die Warmbad hospitaal. Die seuntjie was die eersteling van Dalten Fourie, ’n werknemer van Afgri op Hammanskraal, en sy vrou Lientjie, ’n onderwyseres by die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum se kleuterskool op Bela-Bela. Dalten het aan Die Pos vertel sy vrou was

WEN! WEN! WEN!

“Ons het by die ontvangs aangeklop. Al die personeel was besig om te eet en daar is aan ons gesê dat hulle ons nie kan help nie.”

38 weke swanger toe hulle op Saterdag, 7 Junie, vermoed het daar is iets fout. Die egpaar het om 8:00 die oggend by die hospitaal opgedaag. “Ons het by die ontvangs aangeklop. Al die personeel was besig om te eet en daar is aan ons gesê dat hulle ons nie kan help nie. Ons is na die ongevalle-afdeling verwys,” het Dalten gesê. ’n Personeellid van dié afdeling het glo die kraamsaal geskakel, maar niemand daar het hul fone beantwoord nie. Die ongevalle-verpleegster het hulle na die Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Die dokter het glo aan Lientjie gesê dat dit net haar verbeelding was wat haar die oggend laat glo het dat die baba steeds leef. Later die aand het Lientjie geboortepyne gekry en haar man het ’n verpleegster om hulp gevra. Sy het antibiotika en pynmedikasie gekry, maar volgens haar het dit nie gehelp vir die pyn nie. Die verpleegster het glo aan Dalten gesê dat sy weer teen 02:00 by hulle sal inloer. Dalten sê dat die verpleegster egter eers weer om 02:30 haar verskyning gemaak het. Toe die pyn ondraaglik word, het hulle probeer om verpleegsters in die hande te kry, maar Dalten sê dié wat aan diens was, het naby die verwarmers in die kraamsaal geslaap. Hy het foto’s van die slapende verpleegsters geneem en aan Die Pos gewys.

Eers om 04:00 het ’n verpleegster opgedaag, maar Lientjie is glo toe aangesê om die kamer te verlaat om plek te maak vir ’n ander pasiënt. Sy het eers op ’n houtbankie gesit en later selfs op die koue vloer,” het haar man vertel. Hy sê die temperature was op daardie stadium rondom 1°C en die Fourie-egpaar het een van hul eie komberse in die wagkamer aan nog ’n swanger vrou, Jeanie Wagner, gegee. Wagner het ook ’n traumatiese ondervinding by dié hospitaal beleef (sien berig op bl. 2). Lientjie is daarna toe volgens haar man tydelik na die sonarkamer geskuif. Die personeel het haar glo later na ’n hospitaalkamer met ’n gebreekte en bebloede bed probeer skuif. “Sy was in erge pyn en dit is wat hulle haar aanbied! Ek het haar toe terug na die sonarkamer geskuif, maar die bed daar het haar rug baie seer gemaak.” Volgens haar man is die baba die Sondagoggend om 5:00 in die sonarkamer dood gebore. Die egpaar het aan Die Pos gesê hulle is hartseer omdat hul kind dood is, en kwaad en teleurgesteld oor die beweerde swak diens en nalatigheid van die personeel by die Warmbad-hospitaal. Dalten het aan Die Pos gesê hy het reeds ’n klagte oor die voorval aan die hospitaal se hoofuitvoerende beampte, Bhuti Moagi, oorhandig. Moagi het glo aan Dalten gesê dat die hospitaal die saak sal ondersoek. Volgens Dalton het sy vrou geen komplikasies beleef tot die oggend dat sy hospitaal toe is nie. “Ek verstaan tot vandag toe nie hoekom my seun dood is nie. Dit maak nie sin nie,” het Dalten gesê. ’n Roudiens is op Donderdag, 12 Junie, vir CJ by die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum gehou. Teen druktyd het niemand by die Warmbad-hospitaal op Die Pos se navrae oor die beweerde insident gereageer nie.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.