Buffelman verdwyn ná ‘jokstorie’
5
DA-raadslid tydens staking aangerand
13
®
20 Oktober 2017
R6.00
Woede oor
grondgryp Kobus Small en Wernich Mostert van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Bela-Bela besig om ’n lang stuk draad, wat EFF-ondersteuners vroeër vandeesweek gebruik het om ’n stuk dorpsgrond vir hulself af te baken, op te rol.
Krokodille in gewilde visvangdam
3
Ek is ’n raadslid van die munisipaliteit; dus is die grond myne. — Sello Moswoeu, EFF-raadslid
Gemoedere het die afgelope week hoog geloop op Bela-Bela toe ’n groep EFFondersteuners op Sondag, 15 Oktober, op die Alma-pad net buite Bela-Bela begin het om bome af te kap en kleims af te pen reg teenaan ’n woonhuis op ’n oop stuk veld aangrensend aan die laaste ry huise op die dorp. Plakkers beset reeds die grond aan die linkerkant van die Alma-pad onwettig en verseg — ondanks verskeie hofbevele — om te trek. Die nuwe plek wat nou vir plakkery beoog word, is aan die regterkant van die teerpad geleë. Sello Moswoeu, EFF-raadslid wat glo dié beoogde plakkery orkestreer, het tydens ’n vergadering aan rolspelers gesê: “Ek is ’n raadslid van die munisipaliteit; dus is die grond myne.” Gemoedere het hoog geloop nadat die EFF op hul Facebook-blad geskryf het dat “the white monopoly capital living in the area” hulle tydens hul beoogde besetting met die polisie gedreig het en dat selfs die burgemeester hulle nie kan keer om na die behoeftes van hul kiesers om te sien nie. Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF+ in Limpopo, besorgde inwoners en lede van die Bela-Bela Crime Support-groep (BBCS) en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die perseel besoek. “Hierdie aksie sal nie geduld word nie. Ons verwag dat die polisie die situasie voortdurend moet moniteer,” het Maritz gesê. (Lees berigte op bl. 2 en 6.)
8