G E L I S E N S I E Ë R D
KONTAK
(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)
®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
20 September 2013
BESPREKINGS WORD
AANBEVEEL!
— Beste plaaslike koerant
Hoofnuus
Verniet stilhou is verby
diepos.linmedia.co.za
ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza
Vliegtuig stort by oord neer
Hoofstraat kry nuwe parkeermeters BLADSY 2
Die wrak van die Piper Cherokee 235-vliegtuig wat op Sondag, 15 September, by die Mabalingwe-natuurreservaat buite Bela-Bela neergestort het.
Druk neuse toe! Inwoners moedeloos oor baie rioolwater BLADSY 3
BINNE
Andries van der Heyde
Buite Ekspo
Vier mense was in ’n ongeluk nadat die vlieënier van ’n ligte vliegtuig op Sondag, 15 September, ’n noodlanding by die Mabalingwe-natuurreservaat buite Bela-Bela moes uitvoer. Francois Scheepers, die vlieënier, en sy metgesel, Catharina Oosthuizen, is ná die noodlanding deur paramedici behandel vir beserings. “Francois het kopbeserings opgedoen, sy ribbes is beseer en sy nek is ook beseer,” het Martie Jonker van LifeMed Ambulansdienste aan Die Pos gesê.
“Catharina het haar arm gebreek, haar nek beseer en van haar ribbes het gebreek met die noodlanding.” Die ander passasiers, Kobus Oosthuizen en sy vriendin, Beandri Lamprecht, was ongedeerd. Scheepers en sy metgesel is in die St. Vincent’shospitaal op Bela-Bela opgeneem, en later oorgeplaas na die Montana-hospitaal in Pretoria, waar hulle steeds behandel word. Volgens Willie Britz, tyddeel-bestuurder by Mabalingwe, word daar steeds gewonder hoekom die vliegtuig geval het. “Ons spekuleer dat sterk winde die oorsaak van die ongeluk was, maar ons is nie seker nie,” het Britz
gesê. Volgens hom het die vliegtuig van die aanloopbaan opgestyg vir ’n rit Vryburg toe, maar het daar toe iets fout gegaan. “Die vliegtuig het omdraai, en ongeveer 200 m van die aanloopbaan skielik neergestort. Ons is net dankbaar dat die vliegtuig nie aan die brand geslaan het nie, en ons is nog meer geseënd dat die mense nie ernstiger beseer is nie,” het Britz gesê. Hy het aan Die Pos gesê ’n ondersoek word deur die Burgerlugvaart-owerheid gedoen na die ongeluk. Teen saktyd het die Burgerlugvaart-owerheid nie op navrae gereageer nie.
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom