BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Boewe teiken poskantoor
2
Sentrum dalk van die baan
3
Spiertier van Sonskyndorp ®
21 Augustus 2015
R6.00
24
Wonderwerk ná seuntjie in swembad beland Andries van der Heyde Die personeel by die Montana-hospitaal in Pretoria kon nie verstaan hoe ’n jong seuntjie wat ure gelede “potblou” in ’n swembad op Bela-Bela aangetref is, lewendig kon wees nie. Die enigste verduideliking wat die ouers van die seuntjie het, is dat die hand van God oor hulle gewaak het. Nico en Melisca Haarhoff het op Sondag, 16 Augustus, saam met vriende en hul kinders by die Haarhoffs se huis gekuier. Die Haarhoffs het drie weke gelede na ’n nuwe huis op die dorp getrek. Die nuwe huis het ’n swembad met hoë mure en ’n hek rondom wat dit veilig vir kinders gemaak het. Maar op dié dag het die hek na die swembad oopgestaan en die Haarhoffs se jongste, Franco (20 maande), het daarheen verdwyn. “Dit het my skielik bygeval dat sy skopfietsie oomblikke gelede stil geword het. Ons het hom dadelik gaan soek en my vriendin het by die swembad gaan kyk. Skielik het ek haar hoor gil en toe weet ek ...” het Melisca aan Die Pos gesê. Franco is potblou in die swembad aangetref, glo weens skok en ’n suurstoftekort. Melisca se vriendin, Jackie Havenga, het in die swembad gespring en
Nico en Melisca Haarhoff van Bela-Bela het groot geskrik toe hul jongste seun, Franco (20 maande), amper in die swembad by die gesin se nuwe huis verdrink het. Op die foto is Franco en Melisca by die Montana-hospitaal waar hulle slegs vir een aand oorgebly het.
WEN!
Franco uit die water gehaal. Melisca sê Jackie het beheer geneem van die situasie en almal met ’n streng stemtoon koel en kalm gehou terwyl noodhulp op Franco toegepas is. Ná ’n rukkie het Franco water opgegooi en normaal begin asemhaal. Die gesin is direk na die St. Vincents-hospitaal op Bela-Bela. Die hele situasie het voor die gesin se ander kinders afgespeel, het Melisca gesê. By die hospitaal is daar gevind dat Franco se ledemate nie “saamwerk” nie en daar is besluit om hom na die Montana-hospitaal oor te plaas. Melisca sê op pad Pretoria toe, het haar seuntjie opeens begin glimlag, sy vingers gewikkel en vir haar ’n regop duim gewys. “Ons sing nog ewe die stapsoldaatjie-liedjie en toe is daar niks meer fout met hom nie. Toe sing ons maar ‘My God is so groot, so sterk en so magtig’” het sy gesê. Franco het een aand in Montana oorgebly en is die volgende dag saam met sy ouers terug Bela-Bela toe. “Ek is oukei, want my kind is oukei en verwyte en blaam sal ons net besteel van hierdie wonderwerk. God was regtig goed vir ons,” het Melisca gesê. Sy het gesê Franco het geen skade oorgehou nie en het reeds weer “die wêreld om hom ingevaar”. Die ander kinders wat die voorval beleef het, ontvang traumaberading en dit is vir die gesin belangrik dat hul roetine weer gevolg word sodat alles na normaal kan terugkeer. Die gesin het besluit om ’n week verlof te neem om die trauma te verwerk. “’n Mens kan ook net soveel beheer oor jou kinders toepas, verder is ’n mens maar op jou knieë en bid dat die Here hulle teen gevare sal beskerm. Al gaan ons hierdie ding nooit vergeet nie, is ons daardeur. Die Here se hand was oor ons en Franco,” het Nico gesê.
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER