Die Pos 21 November 2014

Page 1

Bejaarde egpaar deur sewe boewe oorval

2

Afrikaanse leerders na buurskool oorgeskuif

4

Inwoner pimpel en pers geslaan ®

R6.00

21 November 2014

3

Vermeende aanvallers uit op borgtog Gerda en Dean Botha bly nou op Mookgopong nadat hulle in Oktober aangeval is. Dié afdak by Vaalwater Rivieroord het inmekaargestort tydens Vrydagaand, 14 November, se storm. Dit het bo-op die veteraanmotors wat daaronder gestaan het, beland. Jan Botha, die eienaar, sê dit lyk asof iemand die pilare, sement en al, uit die grond geruk het en bo-oor die voertuie gegooi het.

Inwoners dakloos gelaat Marlene Vermaak ’n Hele paar gesinne is dakloos gelaat nadat stormweer groot skade in die Vaalwater-omgewing aangerig het. Die dorp het op Vrydagaand, 14 November, sowat 100 mm reën binne ’n tydperk van vier ure gehad. Die res van die naweek was ook baie nat en teen Maandagoggend het die reënmeter op 160 mm gestaan. Konst. Simon Mahkuvele, Vaalwater-polisie se woordvoerder, het aan Die Pos gesê ’n klomp huise in Lesideng se dakke is deur die wind afgeruk. Joseph Kobe, die pa van EFF-leier Frans Kobe, is een van die inwoners wat dakloos gelaat is. Die wind het ook amok gemaak op Piet Stephans se plaas, sowat 3 km buite Vaalwater op die R33pad. Stephans, wat nie tuis was nie, het groot geskrik toe sy seun,

WEN! WEN! WEN!

Jaco van Loggerenberg, hom bel met nuus van die skade. “Die huis se dak het afgewaai en bome het byna al my lyndrade platgeval. Die fontein agter ons huis het soos ’n rivier gelyk en die erosieslote is massief,” het hy gesê. “Van die bome lyk asof dit met wortel en al uit die grond gedraai is.” Van Loggerenberg en Lenie Dercksen was tuis toe die wind hul dak soos ’n boek toegevou het. “Ons het televisie gekyk. Daar was ’n skielike slag en alles was donker. Portrette het van die mure afgevlieg en voor ons besef wat aangaan, het die dak afgewaai en was ons sopnat gereën. Dit het gevoel asof weerligstrale tussen ons slaan. “Ek het my kop vasgehou en gesoek na skuiling teen die stortreën. Water het deur die kombuis gestroom en al skuiling wat ek en Jaco kon kry, was in die stort,” het Dercksen gesê. Nadat

die storm bedaar het, het hulle hul ouers en kinders gebel vir hulp. Van Loggerenberg woon reeds tien jaar in die huis wat aan sy suster en haar man, Elsa en Kobus Fevrier, behoort. Hulle het die huis 14 jaar gelede op hul pa, Stephans, se grond gebou. “Ek kry die kinders baie jammer. Hulle gaan nie die huis dadelik kan herstel nie. Jaco en Lenie sal inderhaas hul eie huis, waarvan die fondamente reeds gebou is, met bitter min fondse moet voltooi,” het Stephens gesê. Intussen het Samaritane op Vaalwater ingespring om die familie te help. Gerhard Meyer, Roelof van der Merwe, Jaques du Plessis en Nico Dercksen het almal boumateriaal en arbeid te verskaf. “Ons waardeer almal wat ons bygestaan het,” het Stephans gesê. Lesers wat die familie wil help, kan Lenie Dercksen by tel. 073 905 7130 bel. Hulle sal enige hulp en skenkings waardeer.

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

18

Marietjie Steenkamp Twee van Gerda Botha en haar 11-jarige seun, Dean, se vermeende aanvallers is op Woensdag, 12 November, op borgtog van R1 000 elk in die streekshof op Mokopane vrygelaat. Die Bothas is verlede maand op hul plaas in die Mookgophong-omgewing aangeval en beroof van ’n 9 mm-pistool, ’n jaggeweer, ’n .22-geweer en ’n skootrekenaar. Dean het kaalvoet die nag in gevlug en vir ure lank in die veld geskuil. Bento Kumbina (40) en Max Mundumbe (38) het voor landdros Gerhard Pretorius verskyn. Hul borgtog is nie deur kapt. Elias Sekanka, speurhoof van Mookgopong, teëgestaan nie. Die hof het gehoor dat hy die verdagtes se huise besoek het en meen dat hulle nie ’n vlugrisiko is nie. Albei se paspoorte is ingeneem. Hulle moet weer op Vrydag, 28 November, in die hof op Mokopane verskyn. “Albei het Suid-Afrikaanse

paspoorte, maar is in Namibië gebore. Hulle het nie dubbele burgerskap nie,” het Sekanka gesê. Die verdagtes is onderskeidelik van Wolmaransstad en Brits in Noordwes. Intussen het Botha en Dean na Mookgophong verhuis en probeer so normaal moontlik met hul lewens voortgaan. “Ek is net bang hulle vlug en kom dan weg,” het Botha aan Die Pos gesê. Sy het vir Dean ’n klein Jack Russell-hondjie gekoop en Dean het haar Zoë gedoop. “Ons lewens het só verander en ons leef steeds in vrees, al bly ons nou op die dorp,” het sy gesê. Hulle gaan dié week vir ’n derde keer ’n berader sien. Gerda sê sy gaan weer begin teddiebere maak om haarself besig te hou. Dean mis die plaas, maar hy besef dit is veiliger op die dorp. “Ons het goeie veiligheidsmaatreëls en my man, wat gereeld op ander dorpe werk, slaap ook saans by ons,” het sy gesê. “Ek is besorg oor my kind. Geen kind behoort so iets te beleef nie.”

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.