Burgemeester verf padstrepe
2
Concerns over sewage dump
3
Toddler (2) set on fire
3
®
21 Oktober 2016
R6.00
.22-patrone in beursie gevind
Wittebrood
eindig in nagmerrie Ronél van Jaarsveld ’n Pasgetroude egpaar van Modimolle het die skok van hul lewens gekry nadat hulle op pad terug van hul wittebrood op die lughawe in Abu Dhabi deur die polisie voorgekeer is. Francois en Monique Palm, albei 24, het op Dinsdag, 4 Oktober, van Phuket af teruggekeer. Die owerhede het hul egter voorgekeer nadat daar .22-patrone in Monique se beursie gevind is. Francois het glo onmiddellik gesê dat die beursie syne is. Dié kaliber patrone word glo vir sluipmoord-aanvalle in daardie land gebruik en die owerhede was daarom baie agterdogtig. Die Pos het die afgelope week telefonies met Monique en haar skoonpa, Willem Palm, gesels. Nie een van die lughawebeamptes op hul roete het voorheen dié patrone, wat vergete onderin die beursie gelê het, gesien nie, het Monique gesê. Francois het Monique, ’n skoolliefde, verras met die vakansie in Phuket. Sy was glo onder die indruk dat hulle Kaapstad toe vlieg. “Francois-hulle skiet gereeld op die plaas en ek tel altyd die patrone en doppies wat rondlê op en gooi dit in my beursie,” het Monique vertel. “Ek het nooit gedink dit sou vir ons soveel probleme veroorsaak nie!” Volgens Willem het die owerhede Francois vir ondervraging ingeneem, maar nadat hy ná etlike ure steeds nie te voorskyn gekom het nie, het Monique haar pa, Martin Cloete, tuis gebel. Hy kon vasstel dat Francois na die Khalifa-polisiestasie, sowat
10 km weg, geneem is. Nadat hulle nie enige nuus oor sy welstand kon kry nie, het Cloete vir sy dogter gesê dat sy die eerste beskikbare vlug terug huis toe moet neem. “Die owerhede het nog vir my gesê ek moet solank gaan kos koop en vir Francois bring,” het Monique aan Die Pos gesê. “Ek het hom nie eens behoorlik gegroet nie, want ek het gedink ek sien hom gou weer. Dit was ’n baie skokkende ervaring.” Francois is in die sorg van Suid-Afrikaners wat in die land werk, vrygelaat terwyl daar gewag word op die forensiese uitslae wat die oorsprong van die patrone moet bepaal. “Hy sê dit gaan goed, hy slaap net baie sleg. Die mense by wie hy woon is jong mense van Marble Hall, so hy kan darem oor boerdery met hulle praat,” het Monique gesê. Francois was glo die eerste twee dae baie bekommerd omdat hy nie geweet het wat van Monique geword het nie. Willem het aan Die Pos gesê hul grootste kommer is die regskoste wat op hul wag. “Die aanvanklike beraming wat ons gekry het, is R65 000 vir voorverhoor-regsverteenwoordiging (a pre-trial lawyer) en R200 000 vir verteenwoordiging vir die res van die saak,” het hy gesê. “Die kinders het reisversekering uitgeneem, maar dit dek nie gevalle soos dié waar ’n wet oortree is nie. Die konsulgeneraal kan ook net omsien na Francois se welstand, maar nie help of inmeng met die regsproses nie.” “Ons en ons ouers het al ons spaargeld gebruik vir die troue. Ons weet nie hoe ons dié onkoste gaan betaal nie. Ons hoor dat hy dalk ook ’n boete opgelê sal word,” het Monique gesê. Volgens Willem het hulle nie ’n idee hoe lank dit gaan neem voor Francois vrygelaat
Francois en Monique Palm se wittebrood het in ’n nagmerrie geëindig toe hy op die lughawe in Abu Dhabi aangekeer is oor patrone in sy vrou se beursie. Hy is steeds nie terug by die huis nie. Die foto is op Saterdag, 24 September, tydens die egpaar se troue geneem. Foto: Tessa Steyn word nie. “Ons hoor van mense wat sê dat dit in soortgelyke gevalle drie tot nege maande geneem het. Ons hoop maar die saak word vinniger afgehandel,” het hy gesê. Intussen hou Francois en Monique kontak deur WhatsApp en Skype. “Ons hoop maar
dit sal gou verby wees en dat ons eendag hieroor kan lag. Maar nou wil ek hom net graag terug by die huis hê,” het sy gesê. * Lesers wat die egpaar wil help met regskoste, kan vir Willem Palm bel by tel. 078 312 5929.
12