Die Pos 22 April 2016

Page 1

Enslin neem die leisels by Nylies

2

70-jarige beter ná kwadongeluk

6

Bekende ginekoloog sterf

water!

Ons het Ronél van Jaarsveld

Die waternood op Modimolle is effens verlig nadat die dorp se Moslemgemeenskap drie boorgate laat boor het. Die dorp word die afgelope paar maande deur watertekorte geteister. Die eerste boorgat is by Nylstroom Primary School geboor. Daar is sterk water gevind. Dié gat is deur Crescent of Hope geborg. Die tweede boorgat is by Hector Petersen Primary School in Phagameng geboor en deur CII Projects geborg. Hier is ook sterk water gevind. Danksy dié water kon die skool vir die eerste keer in maande hul spoeltoilette gebruik. Die derde boorgat is in Phomolong in Phagameng geboor en deur Operation Hydrate geborg, wat vroeër vanjaar 5l waterbottels aan inwoners wat nie water gehad het nie, uitgedeel het. Volgens Muhammed Ravat, ’n plaaslike inwoner wat betrokke is by Operation Hydrate, het die boorgate sowat R60 000 elk gekos en is dit met ’n pomp, ’n watertenk en twee krane toegerus. Hy het gesê twee van die boorgate is oorgedra aan die skole op wie se terreine dit geboor is. “Ons het ’n ooreenkoms met hulle dat hulle water aan al die inwoners in die omgewing sal verskaf indien daar watertekorte is,” het Ravat gesê. Die boorgate is op die skoolterreine geboor om diefstal van toerusting te verhoed. “Ons het drie ander skole geïdentifiseer waar nog boorgate nodig is, maar is nog op soek na borge wat daarvoor kan betaal,” het hy gesê. Die Moslem-gemeenskap van Modimolle het met behulp van borge drie boorgate op die dorp laat boor om die waternood te verlig.

2

®

22 April 2016

R6.00

Boer (69) op sy plaas buite Bela-Bela geskiet Andries van der Heyde Die Bela-Bela-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en roof nadat Frik Buitendag (69) op Saterdag, 16 April, op sy plaas naby die Palm Plaza-vulstasie buite Bela-Bela geskiet is. Volgens inligting van die polisie het Buitendag se vrou hom skielik buite hul huis hoor skree dat sy hul vuurwapen moet gaan haal. ’n Geweerskoot het op daardie oomblik buite die huis afgegaan. ’n Gewonde Buitendag het toe vir haar geskree om die veiligheidsdeur te sluit. Nadat sy hul vuurwapen en ’n sambok gaan haal het, het sy binne die huis by die deur gaan staan en probeer kyk waar haar man is. Volgens die polisie het ’n vreemde man, wat groen werksklere aangehad het, om die hoek van die huis op haar afgekom. Sy het haar wapen op hom gerig waarna die verdagte op die vlug geslaan het. Nadat dit stil geword het, het sy na haar man geroep en hy het bebloed by die deur opgedaag. Talle lede van die plaaslike buurtwagte, asook die polisie, is na die toneel ontbied maar die verdagte was skoonveld. Dit is tans onduidelik hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was. In die polisieverklaring word gesê dat Buitendag se selfoon tydens die voorval gesteel is. Volgens Martie Jonker van Lifemedambulansdienste wat op die toneel was, is Buitendag in sy regter bo-arm geskiet en die koeël het sy borskas getref. Hy is na die St Vincent’shospitaal op Bela-Bela vir behandeling geneem en is later na ’n hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Kol. Abel Phetla, speurtakhoof op die dorp, het gesê niemand is nog aangekeer nie, maar die polisie is besig om alle leidrade op te volg om die verdagte vas te trek. ’n Familielid van Buitendag, wat verkies om anoniem te bly, het aan Die Pos gesê hy sterk tans in Pretoria aan en is na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas. Die man wou nie die hospitaal se naam of ander inligting bekendmaak nie om die familie se privaatheid te beskerm. Hy het wel gesê dat operasies om die koeël te verwyder, suksesvol was en dat Buitendag baie goed herstel en weer normaal met almal praat. Die polisieondersoek duur voort.

13


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.