Die Pos 22 Junie 2012

Page 1

®

www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus

D-dag vir alle besware

R5.00

22 Junie 2012

Daars ’n slang in die gra(f) Hiér woon Blommetjie die luislang in die Bela-Belabegraafplaas, wys mnr. Boesman Moema en mnr. Piet Swanepoel. Mnr. André Wienekus, teler van African Greypapegaaie, het die foto hieronder geneem terwyl sy in die sonnetjie gelê en bak het.

Laaste dag vir besware teen waardasierol BLADSY 2

Inwoner sterf in ongeluk Bekende dood ná botsing reg van voor BLADSY 2 Ingrid Pepler

Só lyk dorp se geldsake Modimolleinwoners bekyk hul begroting BLADSY 3

Tannie Susanna van Staden is die afgelope twee weke nie meer alleen in haar graf nie. Vir bykans 32 jaar al lê sy stoksielalleen in haar graf in die Bela-Bela-begraafplaas, met haar man Johannes in die graf langsaan, maar nou het ’n tamaai groot luislang saam met haar ingetrek. Die slang is twee weke gelede vir die eerste keer deur mnr. Boesman Moema, ’n werknemer by die begraafplaas opgemerk. Hy het haar raakgesien toe sy uit die graf gekruip en in die wintersonnetjie bo-op tannie Susanna se graf gaan lê en bak het. “Ons sien haar nou gereeld as sy oor middagete in die son kom lê,” het Moema gesê. Moema het vir mnr. Piet en me. Levina Swanepoel voorgekeer toe hulle op Donderdag, 14 Junie, hul kleinseun,

Conrad Bonnette(19), se graf kom besoek het en het die luislang aan hulle gaan wys. Die egpaar Swanepoel het onmiddellik na Die Pos se kantoor gery om ons te kom vertel van die nuwe inwoner. Terug by die graf was Blommetjie, soos die luislang intussen gedoop is, spoorloos. Moema het verduidelik sy is weer terug na haar lêplek in tannie Susanna se graf. “Sy is so dik soos daai boomstam,” het hy verduidelik en na ’n boom met ’n stewige stam oorkant die grondpaadjie tussen die rye grafte gewys. Moema was effe bekommerd oor die veiligheid van begrafnisgangers met Blommetjie in die omgewing. “Ek’s bang sy kom uit en gee vir iemand ’n stywe drukkie,” het hy met ’n ondeunde vonkel in die oog gesê.

“Ek’s só bang sy gee vir iemand ’n stywe drukkie.” Die volgende dag is Die Pos weer na die begraafplaas ontbied. Toe ons daar aankom, het Blommetjie reg agter tannie Susanna se graf heerlik op die gras gelê en sonbaai. Maar Blommetjie is oënskynlik nie ’n meisie wat van mediabelangstelling hou nie. Sy het tien minute later weer in die gat langs tannie Susanna se graf in verdwyn. Mnr. André Lourens, bekende slangkenner, het gesê die Suid-Afrikaanse luislang (Python natalensis) is gelys as kwesbaar op die rooidatalys en mag dus nie doodgemaak of gevang word nie. “Dit is die grootste slang in SuidAfrika en kan gemiddeld 3-4 m lank word. Hoewel hulle nog langer kan word, word luislange van 5 m of langer selde in Suid-Afrika gevind,” het Lourens gesê. Luislange is baie sterk en maak hul prooi dood deur dit te versmoor. Die slang het ’n bek vol tande en sodra die prooi gevang is, draai die slang ’n paar kronkels om die prooi en versmoor die prooi. Die prooi word meestal kop eerste ingesluk. Luislange hou ook van water en kan vir lang tye onder die water bly. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die beheer van knaagdiere, maar soos die meeste ander slange word hul lewens ook nie gespaar nie, het Lourens gesê. • Die Pos doen intussen navrae by die departement van natuurbewaring om Blommetjie na ’n nuwe en veiliger tuiste te skuif.

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 22 Junie 2012 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu