®
www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus
Dit raak net al erger
R6.00
22 Maart 2013
diepos.linmedia.co.za
Slang spoeg man én vrou
Boewe raak al hoe bedrywiger in Bosveld Die slang wat verantwoordelik was vir die Volschenkegpaar se ongemak, nadat dit doodgemaak is. Foto:
BLADSY 3
Regering ontbind leierskap
LifeMed
‘Gee vir ons goeie leiers,’ vra DA BLADSY 13 Elize en Dons Volschenk by die St. Vincent’s-hospitaal nadat hulle albei deur dieselfde spoegkobra in die oog gespoeg is. Foto’s: LifeMed
Die Pos se nuwe kosvrou Annette Human se weeklikse trefferkos BLADSY 14
Andries van der Heyde “Dis erger as babatjies kry... die pyn is onbeskryflik.” Só sê Elize Volschenk van Bela-Bela, nadat ’n spoegkobra haar op Sondag, 17 Maart, op hul plaas buite die dorp in die oë gespoeg het. Haar man, Theuns (alombekend as Dons), het onder dieselfde slang deurgeloop. Op dié dag was dit die kleinkinders se beurt om vir Oupa en Ouma op die plaas te kom kuier. Hulle het geswem en rondgespeel sonder om te weet dat ta reg in die kamer is waar hulle heeltyd in- en uitbeweeg het.
Op ’n stadium is Elize die huis binne om te kyk waar die kinders is, toe sy ewe skielik voel iets is besig om op haar te drup. Haar oë het begin brand en sy het ’n bitter smaak in die mond gekry. Sy het vir Dons gaan roep om te kyk wat aangaan. Elize het geweet iets is fout, maar het gedink dit was die lugversorger wat lek. Dons het die kamer binnegaan en opgekyk na die lugversorger, onbewus van die spoegkobra reg bo-op die lugversorger. Met dié het die slang vir Dons ook in die oog gespoeg. Die egpaar is onmiddellik badkamer toe om hul brandende oë uit te spoel. Elize vertel dat haar man eers al die aandag aan haar gegee het voordat hy na homself
omgesien het. Nadat die ambulans aangekom het en die slang bo-op die lugversorger doodgemaak is, is die egpaar na die St. Vincent’s-hospitaal op die dorp geneem vir behandeling. Hulle is eers die volgende dag ontslaan. Elize gaan binnekort ’n oogspesialis sien om te bepaal of daar skade aan haar oog is. Toe Die Pos met haar gesels het, was die oog nog erg geswel en het sy nog las gehad van hoofpyn. Volgens haar was die voorval vir haar en haar man uiters traumaties. “Die bloeddruk is effe laag, maar ons lê met een oog oop en een oog toe en wag vir koffie,” het Elize aan Die Pos gesê. (Sien ook wenke vir slangbyte op bl. 8)
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 083 654 5820/(014) 736 2723 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za