Die Pos 22 November 2013

Page 1

®

www.buildersdiscount.co.za

R6.00

22 November 2013

diepos.linmedia.co.za

— Beste plaaslike koerant

Absa-bank op Mookgophong

in rowers

se visier Ape is darem die oulikste goed, net jammer hulle is so stout! Hierdie foto is vroegoggend op Donderdag, 31 Oktober, by Mabalingwe-natuurreservaat buite Bela-Bela geneem terwyl Hoffie Hofmeister besig was om bagasie in sy voertuig te pak. Een van dié outjies het in die chalet ingegaan en met ’n pak spaghetti laat spaander. Hier sit hy en sy maatjie hul fonds en bekyk.

Haelstorm saai chaos

Marietjie Steenkamp Marietjie Steenkamp ’n Beplande rooftog by die Absa-bank op Mookgophong het dié dorp behoorlik in rep en roer gehad. ’n Werknemer by dié bank het op Donderdagoggend, 14 November, onraad vermoed toe hy die bank soos gewoonlik wou oopsluit, maar op stukkende sekuriteitskameras afgekom het. Die werknemer het dadelik die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Mookgophong in kennis gestel en die polisie was blitsvinnig op die toneel. Polisielede het dadelik die omliggende strate en geboue afgesper om die publiek se veiligheid te verseker. Die rowers het vermoedelik die vorige aand toegang tot die bank deur die dak van die gebou verkry, en dit was onduidelik of die boewe nog in die bank geskuil het. ’n Spesiale taakmag van die polisie is vanaf Polokwane ontbied. Volgens lt.kol. Jan Koekemoer, stasiebevelvoerder van

2

Leier geskok ná ongeluk

3

Polisie maak deurbraak

Mookgophong, is dit een van die maniere wat bankrowers deesdae in hul rooftogte gebruik. “Hulle skuil binne-in die bank en roof dan sodra die personeel opdaag. Dit maak dit minder opsigtelik vir amptenare sowel as die publiek.” Nadat die spesiale taakmaglede opgedaag het, is daar skokgranate in die gebou gegooi. Dit wil voorkom asof die rowers egter nie hul plan kon deurvoer nie. Hulle is vermoedelik afgeskrik deur ’n alarm wat in een van die aangrensende winkels afgegaan het. Volgens ’n woordvoerder van die polisie is die sekuriteitskameras met ’n hamer stukkend geslaan. Beeldmateriaal het aangedui dat die rowers omstreeks 20:30 die bank vanaf die agterkant binnegegaan het. Daar was glo drie rowers betrokke. Hulle het klapmusse gedra en kon nie uitgeken word nie. Teen saktyd is nog geen verdagtes aangekeer nie. Die saak word tans deur forensiese deskundiges ondersoek. (Sien foto op bl. 2.)

4

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.