Die Pos 23 Februarie 2018

Page 1

Dertig dae is verby sonder taal of tyding van die 13-jarige Nikita Walkinshaw, ’n leerder aan Hoërskool Nylstroom, wat op Dinsdag 23 Januarie spoorloos uit Modimolle verdwyn het. ®

23 Februarie 2018

R6.00

Lees die onderhoud met haar ouma en pa op bl. 3.

Die Bosveldatlete se spykerskoene, energiedrankies, piesangs en pleisters lê reg vir die 55ste Bosveld-interhoër wat op Saterdag 24 Februarie by Hoërskool Ellisras in Lephalale plaasvind. Die skole wat sake op die atletiekbaan en pawiljoene gaan uitspook, is Hoërskole Frikkie Meyer, Hans Strijdom, Piet Potgieter, Ben Viljoen, Nylstroom, Warmbad en Ellisras. Die hekke open om 05:00 vir die publiek en die optog begin om 07:00, waarna die opening sal volg. Hou gerus die volgende atlete dop: Danél Niemann (o.16), ’n Nylie-atleet wat ’n gewig kan stoot dat hy klein word, Martonet Janse van Rensburg (o.19) wat vir Hoërskool Warmbad in die blokke gaan sak in die 100 m en 200 m en Macayla Treurnich (o.15) van die Hansies wat ’n groot gunsteling is om die 800 m te wen. Foto’s: Herman Steyn

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 23 Februarie 2018 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu