Waterberg se ‘skatte’ kruip steeds weg
2
Slang byt gr. 8-leerder by skoolkamp
3
Trots Trotser AB! ®
R6.00
23 Januarie 2015
24
Graad een parrabeen
Inbrekers het hierdie vervalle treinstasie naby Radium glo as stoorplek vir gesteelde goedere gebruik. Edward Joubert was by toe ’n verdagte sy onderneming se gesteelde toerusting in die gebou aan die polisie gaan uitwys het.
Klein Loraine Swart van Bela-Bela se ma, Rosemary, moes alles uithaal om haar kind te oortuig dat skool régtig baie lekker is. Loraine is vanjaar ’n graad eentjie by Laerskool Warmbad en was effens hartseer, maar baie dapper op haar eerste skooldag. Foto: Herman Steyn
Love-ne Jansen van Rensburg van Laerskool Nylstroom kan nie glo dis wat sy vir die volgende twaalf jaar elke dag van haar lewe moet doen nie. Foto: Herman Steyn
Pierre van Heerden sê gr. 1 kan maar begin, hy is reg! Hy skuif agter die skoolbanke in by Laerskool Eugène N. Marais op Mookgophong.
WEN! WEN! WEN!
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Diewe gebruik ou treinstasie as stoorplek vir gesteelde goedere Andries van der Heyde Inbrekers se bedrywighede is kortgeknip nadat inwoners en die polisie afgekom het op hul stoorplek in ’n ou treinstasie. Edward Joubert en sy gesin woon naby die ou Codrington-stasie, wat in 1945 gebou is. Dit is ’n paar kilometer van Radium af. Die geboue is al jare lank vervalle. Daar is in Desember gereedskap van sowat R120 000 uit die werkwinkel van Joubert en sy vennoot, John Smith, gesteel. Hulle het die diefstal by die polisie aangemeld. Kort daarna het Joubert se vrou, Alice, en hul seun, Dalmaine, ’n vreemde man met ’n rooi hemp aan in die bosse naby hul plaas se ingang opgemerk. Hy het weggekruip en hulle het hom gekonfronteer. Die verdagte het Dalmaine glo gedreig, waarna Alice haar man gebel het. “Met my aankoms het ek die verdagte by die ingang gesien en hom tot by die werkwinkel se hekke met my voertuig gevolg. Hy het groot klippe opgetel en wou my gooi. Ek het my afstand behou en hy het kans gekry om deur die heining te spring en in die rigting van Masakhane te vlug,” het Joubert gesê. Voordat Joubert opgedaag het, het daar glo ’n silwer Volkswagen-voertuig langs die teerpad gestaan, maar die voertuig het
verdwyn nadat die verdagte gevlug het. Smith en twee polisiebeamptes het kort daarna opgedaag. Hulle het met hul aankoms die man die bosse in sien hardloop. Die beamptes het die verdagte so 1 km van Masakhane voorgekeer. Hy het sy rooi hemp uitgetrek sodat hy nie maklik herkenbaar was nie, het Joubert gesê. Die beamptes het die verdagte ondervra en hy het hulle teruggeneem na die treinstasie. Joubert en Smith se gesteelde goedere is in en om die vervalle geboue gevind. Die diewe het blykbaar die treinstasie as slaapplek ook gebruik, het Joubert gesê. “Die beamptes het daardie einste oggend die saak begin ondersoek en dieselfde dag nog iemand aangekeer. Ons is baie tevrede met die polisie se diens, veral met ao. Simon Ngwetsana,” het Joubert gesê. Joubert en van die ander inwoners kla oor die vlaag misdaad waardeur dié gebied geteister word. Joubert sê sy heining is al vyf keer die afgelope paar maande geknip en boere se beeste word in die veld doodgemaak en geslag. “Die treinstasie is ’n risiko. Ons gaan Transnet kontak om die geboue af te breek. Sodoende het misdadigers dan nie meer ’n plek om kwaad te doen nie.” Teen saktyd is daar nog nie ’n hofdatum vir die verdagte bekend gemaak nie.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER