Die Pos 23 Mei 2014

Page 1

Spoorsnyers snuffel ‘boewe’ uit Spertyd vir besware teen myn

Booswigte op straathoeke hou huise dop

2 ®

3

23 Mei 2014

5 R6.00

Geen borg vir Riekert Andries van der Heyde

Lodewyk Riekert (45) tydens ’n vorige hofverskyning. Foto: Herman Steyn

Die Pos nou ook op Facebook en Twitter

Lodewyk Riekert (45), ’n groentesmous van Bela-Bela, moet in aanhouding bly totdat sy saak weer middel Junie voorkom. Die saak sal moontlik daarna oorgeplaas word na die hooggeregshof. Landdros Johannes Rameetse het op Woensdag, 21 Mei, borgtog aan Riekert geweier. Riekert is sedert Paasnaweek in aanhouding nadat hy glo sy vrou, Mia Riekert (45), ná ’n hewige bakleiery doodgemaak het in hul woonhuis op die Noodhulphoewes. Hy het ná die moord glo haar bebloede klere verwyder, dit gewas

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za

en haar lyk verskuif. Hy het sy seun, Lodewyk jnr. om hulp gebel en dié en ’n vriend is met Mia hospitaal toe, waar sy dood verklaar is. Rameetse het in sy uitspraak gesê hy neem die erns van die beweerde oortreding in ag, asook die belang van die gemeenskap en die regstelsel. Hy het ook die staat se verweer dat Riekert moontlik met getuies kan inmeng, in ag geneem. Die staat het onder meer aangevoer dat sy seun, Lodewyk jnr. saam met sy pa op die hoewe woon en moontlik deur hom beïnvloed kan word. Rameetse het ook die staat se verweer dat Riekert ’n vlugrisiko is en dat hy vermoedelik met die misdaadtoneel gepeuter het ná die moord, in ag geneem. Die hof het verder gehoor dat Mia voor haar dood ’n aanrandingsklag teen Riekert gemaak het, asook ’n beskermingsbevel aangevra het (wat sy later teruggetrek het). Twee van sy vorige vroue het ook beskermingsbevele teen hom aangevra. Rameetse het die saak uitgestel tot Woensdag, 18 Junie, vir verdere ondersoek. Riekert se regsverteenwoordiger het met sy vorige hofverskyning gevra dat hy van Kgosi Mampuru 11-tronk in Pretoria na Modimolle oorgeplaas word omdat hy glo sukkel met asma. Rameetse het dié aansoek afgekeur en gesê Riekert kan voldoende mediese sorg in Pretoria ontvang.

Director of wilderness school killed in car crash Dr Douglas Loewenthal, director of Lapalala Wilderness School outside Vaalwater, died in a car crash. Photo: www.lapalala.com

Dr Douglas Loewenthal’s vehicle after the crash.

Marlene Vermaak Dr Douglas Loewenthal, director of Lapalala Wilderness School outside Vaalwater, was killed in a car accident on Saturday night, 17 Mei. Loewenthal was alone in the vehicle when he seems to have lost control and the vehicle capsized next to the Melkrivier Road not far out

of Vaalwater. No other vehicle was involved in the accident. Loewenthal, originally from Australia, had been living in South Africa for a number of years. He had been appointed as the new Director of Lapalala in February this year. He had a PhD degree in Zoology, which he had obtained from the University of Cape Town.

’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.