BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Loop lig vir rondloperleeu Woede oor taks op eiendomme
2 5
4 Bouwerk vorder fluks
®
23 Oktober 2015
R6.00 Andries van der Heyde
Lindie Bosch-Jansen (35) is dood nadat sy by ’n partytjie op Laerskool Warmbad se skoolterrein met ’n mes gesteek is. Saam met haar op die foto is haar vriend, Howard Holtzhausen (jnr.). Links is Desmain Clark Adams (20), wat die afgelope week vlugtig in die hof verskyn het in verband met die moord. Foto: Herman Steyn
’n Gesellige verjaardagpartytjie het die afgelope naweek in ’n nagmerrie ontaard toe ’n onderwyser van Bela-Bela in die parkeerterrein van Laerskool Warmbad se lapa met ’n mes doodgesteek is. Lindie Bosch-Jansen (35) van Bela-Bela het op Saterdag, 17 Oktober, die 60ste verjaardag van haar vriend, Howard Holtzhausen, se pa, Howard Holtzhausen snr., bygewoon. Sy het sedert Mei by Jinnah Park Primary School in Spa Park op die dorp as onderwyser gewerk. Sy was voorheen ’n onderwyser by Laerskool Vaalwater en Laerskool Bosveld op Lephalale. Nadat die partytjie einde se kant toe gestaan het, het Bosch-Jansen teen omstreeks middernag na haar voertuig gestap om goed te begin opruim. Haar twee kinders was ook die aand by die geselligheid. Ao. Tommy van Blerk, ondersoekbeampte, het gesê haar oudste seun, Jay-Dee (10), het skielik geskree dat iemand by die motors rondsluip. ’n Vreemde man het Bosch-Jansen genader en haar onder haar linkerarm in die bors gesteek. Die aanval het glo ten aanskoue van haar twee seuns, Jay-Dee en Juwan (7), afgespeel. Die seuns is albei leerders van Laerskool Warmbad. “Howard (jnr.) het op daardie stadium na buite gekom en haar hoor gil. Hy het die verdagte in die rigting van Gilfillanstraat gesien hardloop. Hy het twee skote met sy pistool op die man afgevuur, maar het misgeskiet. Hy en ’n vriend het die man agterna gesit en hom naby die heining van die skool vasgekeer,” het Van Blerk gesê. Holtzhausen het dadelik teruggekeer na sy vriendin en haar na die St Vincent’shospitaal, wat skaars twee blokke van daar is, geneem. Sy is egter kort ná haar opname by die hospitaal dood verklaar. Van Blerk sê mense het toe in die parkeerterrein begin skree en die vriend het die verdagte agtergelaat omdat daar vermoed is dat nog mense in gevaar was. Die verdagte het toe glo verder probeer vlug. Die polisie, asook die Bela-Bela Crime Support-groep (Warmbad-buurtwag), het met ’n uitgebreide soektog na die verdagte begin.
WEN!
Die verdagte het glo eers in die erf van ’n leë huis in Meiningerstraat, oorkant St Vincent’s-hospitaal, probeer skuil voordat hy na die volgende eiendom “gespring” het. “Ongelukkig vir hom behoort dié erf aan ao. André van de Venter van die Bela-Belapolisie,” het Van Blerk gesê. Die soekspan het die verdagte op Van de Venter se huis se dak gevind en in hegtenis geneem. Desmain Clark Adams (20) het op Dinsdag, 19 Oktober, in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die misdaad. Hy woon in Spa Park. Adams, wat met tye breed geglimlag het, het ’n kaalgeskeerde kop. Albei sy polse was met verbande toegedraai. Hy is vermoedelik beseer toe hy oor die lemmetjiesdraad van die laerskool se sportterrein gespring het in ’n poging om weg te kom. Adams was tydens sy inhegtenisname vol bloed en is onder polisietoesig na die Warmbad-hospitaal vir behandeling geneem, maar is later die dag ontslaan en na die aanhoudingselle geneem. Daar is ’n GPS by hom gevind en die polisie het ’n bebloede mes op die sportterrein naby die lapa gevind, het Van Blerk gesê. Daar moet nog vasgestel word aan wie die GPS behoort. “Daar is ’n vermoede dat meer mense by die voorval betrokke was, maar die saak word nog ondersoek. Die polisie het egter ’n sterk saak teen Adams,” het Van Blerk gesê. Albei die Holtzhausens (pa en seun) het vandeesweek Adams se hofsaak bygewoon. Die saak is uitgestel na Dinsdag, 27 Oktober, vir ’n borgaansoek. • Bela-Bela is die afgelope jaar geteiken deur mesaanvallers. Eers is Johan van der Merwe, Jaco Maritz en Charles Duggan almal op dieselfde aand in Februarie deur ’n groep rowers in hul onderskeie huise aangeval en met messe gesteek, en daarna is Jakes van Deventer in Maart in sy huis in die Roodepoort-omgewing met ’n mes doodgesteek. Dié verdagtes is kort ná die voorval in hegtenis geneem en hul hofsaak duur steeds voort. Kapt. Renier Schutte, ondersoekbeampte wat die aanvalle op Van der Merwe, Maritz en Duggan ondersoek, het gesê die afgelope naweek se voorval word nie met die ander mesaanvalle verbind nie. (Lees ook berig op bl. 3.)
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
12
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER