Die Pos 24 April 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Aanvaller byt boer glo tydens aanval ‘Ek vergewe hom,’ sê vrou ná verkragting

2 3

6 Boewe steel skoolbussie

®

24 April 2015

R6.00

Bejaardes vir dood agtergelaat Marlene Vermaak Beurtkrag het vermoedelik die lewens van ’n bejaarde dokter en sy vriendin gered nadat hulle verlede naweek op sy plaas Oversprong naby Melkrivier in die Vaalwateromgewing deur twee aanvallers oorval en vir dood agtergelaat is. Dr. George Meyer (79) se vriendin, Tersia Prinsloo, was op Vrydagmiddag, 17 April, besig om kos te maak, toe sy twee mans agter haar in die kombuis gewaar het. “Een het ’n klapmus gedra en albei was netjies aangetrek. Ek het nog skaars tyd gehad om oor die skok te kom, toe hulle my takel. Ek was binne minute bewusteloos op die kombuisvloer ná ’n harde hou oor die kop. Net voor ek my bewussyn verloor het, het ek onthou dat George uit is om die pomp te gaan afskakel,” het Prinsloo vertel. Die twee booswigte het Meyer op die stoep ingewag en daar met ’n stok vol spykers aangeval. Hulle het hom aanhoudend geslaan totdat hy sy bewussyn verloor het. Hy was tydelik in ’n koma wat volgens Meyer se familievriend, Christo Venter, eienaar van Geluksfontein Bokmelkplaas, moontlik toe te skryf is aan sy vriend se suikersiekte. Prinsloo het aan Die Pos gesê dat die mans in Engels met mekaar en met hulle gepraat het. “Hulle het ons vreeslik geslaan en verniel. Ons het albei naderhand net op die grond gelê.” Prinsloo het intussen haar bewussyn herwin, maar Meyer was steeds bewusteloos. “Ek het sommer gemaak of ek dood is. Ek kon hoor hoe hulle vir mekaar sê hulle moet ons eerder doodmaak en een het ’n handwapen op my gerig. Die wapen het gelukkig slegs ’n klikgeluid gemaak en ná ’n paar probeerslae, het die man moed opgegee,” vertel Prinsloo. Die krag het teen ongeveer 18:00 afgegaan en dit was pikdonker in die huis. Prinsloo vertel dat die aanvallers haar en Meyer vermoedelik nie meer duidelik kon sien nie. Hulle het die twee slagoffers daarna baie styf probeer vasmaak en Prinsloo glo vas

Die stoep en voordeur (links) by dr. George Meyer se plaas Oversprong naby Melkrivier in die Vaalwater-omgewing. Bloed kan duidelik op die stoep gesien word waar Meyer deur die twee aanvallers ingewag en oorval is. Op die inlasfoto is die stuk hout met spykers wat deur twee aanvallers gebruik is om dr. George Meyer en sy vriendin, Tersia Prinsloo, te slaan.

WEN!

hulle is vir dood agtergelaat. Sy glo ook dat beurtkrag hul lewens gered het. Die verdagtes het die huis teen ongeveer 19:00 uur verlaat. Prinsloo sê dat Meyer later deur die nag sy bewussyn herwin het. Toe die ligte weer aankom, het die twee hulself probeer loswoel en kon Meyer vir Prinsloo met ’n mes lossny. Hulle kon egter nie hulp ontbied nie omdat die aanvallers hul voertuig en selfone gesteel het. Prinsloo het die Sondagoggend vroeg na ’n nabygeleë plaaswinkel geloop, vanwaar sy die Dorset-polisiekantoor geskakel het. Albei is eers na die FH Odendaal-hospitaal op Modimolle geneem, maar later na die Montana-hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Die twee het verskeie beserings opgedoen waaronder kneusplekke, stukkende wonde en kopbeserings. Prinsloo se arm is ook gebreek en Meyer het vier gebreekte ribbes. Prinsloo is reeds op Sondag, 19 April, ontslaan maar Meyer was nog teen druktyd in die hospitaal. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het bevestig dat die aanvallers gewapen en gevaarlik is en dat die saak verder ondersoek word. Die polisie se provinsiale taakspan, onder leiding van kol. Sakkie Lourens, lei die ondersoek. Die Spoorsnyers, ’n groep vrywilligers wat help om misdaad in die Waterberg-omgewing te bekamp, is ook na die toneel ontbied. “Ons het spore na die misdaadtoneel gevolg, maar voordat ons behoorlik vordering kon maak, het dit verskriklik hard begin reën. Die spore wat gekry is, vorm wel deel van die ondersoek,” het Vossie Vosloo, een van die spoorsnyers gesê. Meyer se dogter, Sarita, het lank op Vaalwater gewoon waar sy ’n sake-onderneming bestuur het. Meyer het voorheen as radioloog in Pretoria gepraktiseer. Daar was na verneem word geen werkers op die plaas tydens die aanval nie. ’n Wit Toyota Hilux-bakkie met die registrasienommer VLS 703 GP, ’n klein bedrag kontant en twee selfone, asook drie vuurwapens, ’n 30-06, ’n 9 mm-pistool en ’n windbuks, is gesteel.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 24 April 2015 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu