Die Pos 24 Januarie 2014

Page 1

ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant

Die kraaie

gaap in die Bosveld

R6.00

24 Januarie 2014

®

• Kinders val flou in klaskamer weens hitte 2

Professor se lyk gevind “ ” Ons was bekommerd dat iemand hom eendag in sy huis sou oorval.

Denise van Bergen

Só vind ’n mens lafenis teen ’n hittegolf. Dié twee Jack Russells, Jack en Toffee, het besluit ’n waterkrip is net die antwoord. Jack en Toffee is die hondekinders van Frank en Maryke Hinze van Bela-Bela.

Andries van der Heyde Temperature bo 35° het Bosvelders op strepe yskas en swembad toe gejaag. Die Suid-Afrikaanse weerburo het verlede week waarskuwings uitgestuur dat temperature bo 35° in die noordelike dele van Gauteng en Limpopo moontlik sou wees. Willem Els, bestuurder by BelaBela Spar, het aan Die Pos gesê dat hulle ysverkope weens die hitte nie net meer soos gewoonlik oor naweke goed verkoop het nie,

Die Pos op Facebook en Twitter

maar sommer in die week ook. Chris Sonnekus van die Towoomba landbou-navorsingstasie op Bela-Bela, het aan Die Pos gesê die hoogste temperatuur wat in die Waterberg aangeteken is, was 38,5°. Hy sê hierdie tipe klimaat kom gewoonlik dié tyd van die jaar voor en dat daar tans ’n hoëdrukstelsel in die binneland is. “’n Mens moenie net teen die hoë temperature vaskyk nie. Die rede hoekom dit die laaste ruk so warm geword het, is ook weens die feit dat dit ongelooflik droog in die Waterberg is,” het Sonnekus gesê. Boere in die omgewing sukkel

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.com

volgens hom om gewasse te plant. Hoewel die grond onder die eerste 2,5 cm vogtig kan wees, sukkel gewasse om deur die harde bogrond te kom. Sonnekus sê hy is veral bekommerd oor die Rooiberg-area, omdat dit tans “te droog” daar is. Die reënvalsyfers is ook ’n bekommernis, het hy gesê, “Sekere dele het wel meer reën as ander ontvang, maar die verspreiding van reën was nie eweredig nie,” het hy gesê. Temperature het wel volgens die weerburo die laaste ruk weer begin daal.

WEN! WEN! WEN!

Die liggaam van prof. Adriaan Smit (89) van Sussenvale, gedeelte 18 buite Modimolle, is op Dinsdagoggend, 21 Januarie, deur ’n plaaswerker buite op sy plaas gevind. Volgens polisiewoordvoerder, ao. James Findlay, het die plaaswerker, wat vermoedelik vir Smit gewerk het, om ongeveer 08:00 dié oggend op sy liggaam afgekom waar dit buite op die werf gelê het. Findlay sê dat daar geen sigbare beserings aan Smit se liggaam was wat aandui dat hy moontlik vermoor is nie. Sy huis was glo gesluit en volgens die ondersoekbeampte is die sleutels van die huis by sy liggaam gevind. Sy polshorlosie was ook nog aan sy arm. Volgens die polisie lyk dit nie asof enigiets gesteel is nie. Die polisie kon teen druktyd nie meer inligting verskaf nie, aangesien die saak en omstandighede van sy dood nog ondersoek word. Smit was vroeër ’n professor by Unisa, waar hy afgetree het. Hy was glo ook ’n skrywer van verskeie woordeboeke. Volgens een van Smit se bure en ’n vriend van hom, Johan Hennop, het Smit vir jare ’n eensame lewe alleen op sy plaas gelei. “Hy was nie in die gewoonte om sy huis te sluit nie. Die deure het dikwels oop gestaan en ons was bekommerd dat iemand hom eendag in sy huis sou oorval. Ons het hom talle male probeer oorreed om eerder in ’n aftreeoord te gaan bly waar dit veiliger is, maar hy wou niks weet nie,” het Hennop aan Die Pos gesê. Kort nadat Smit se liggaam gevind is, het gerugte onder die inwoners van Sussenvale die rondte begin doen dat hy vermoor en kaal op sy plaaswerf aangetref is. Die polisie kon egter nie hierdie inligting bevestig nie. “Totdat ’n geregtelike nadoodse ondersoek gedoen is, kan ons nie met sekerheid sê wat presies sy dood veroorsaak het nie,” het Findlay gesê.

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.