Die Pos 24 Julie 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Kragkabels skok man dood

2

Boewe klim deur bank se dak

2

4 ®

24 Julie 2015

R6.00

Geliefde ds. Japie sterf

Past. Christo Stander, wat vir bykans 20 jaar as begrafnisondernemer op Bela-Bela gewerk het, is dié week saam met twee van sy werknemers afgedank ná ’n interne ondersoek. Klagtes van bedrog en lykskending word ook nou deur die Bela-Belapolisie ondersoek.

Andries van der Heyde ’n Baie bekende en gewilde begrafnisondernemer van Bela-Bela en twee van sy werknemers is afgedank nadat daar tydens ’n interne ondersoek bevind is dat hulle hul skuldig gemaak het aan bedrog en lykskending. Past. Christo Stander, Jamie Lee Stander (sy skoondogter) en Steve Mapharumela van

Bafa-begrafnisdienste is op Vrydag, 17 Julie, afgedank. Die bevinding van die interne verhoor het daartoe gelei dat daar ook nou kriminele klagtes teen die drie gelê is. Christo is na verneem word ook as pastoor uit die AGS El Shaddai-kerk op die dorp ontslaan. Bafa is op 1 April vanjaar deur die Botswana-begrafnisdiensgroep, BFSG, oorgekoop. Vijayan Narayanan, woordvoerder van

BFSG, het in ’n verklaring aan Die Pos gesê drie maande nadat BFSG Bafa oorgekoop het, is ongerymdhede reeds vermoed en die drie is daaroor ingeroep. Die drie is intern aangekla van onder meer bedrog, misbruik van maatskappyvoertuie en fondse vir eie gebruik, pligsversuim en lykskending. Daar is onder meer tydens die verhoor aangevoer dat hulle glo pasaangeërs uit lyke verwyder het en geen verantwoording

WEN!

kan doen van wat daarna daarvan geword het nie. Tydens die interne verhoor is melding gemaak van altesame 98 pasaangeërs wat glo sedert 2010 op hierdie manier verwyder is. Ingevolge wetgewing is Bafa nie toegerus om pasaangeërs te verwyder nie. Dit mag slegs by ’n amptelike lykshuis deur ’n dokter of patoloog gedoen word. Kol. Abel Phetla, speurtakhoof op BelaBela, het by navraag bevestig dat kriminele klagtes ook teen die beskuldigdes geopen is, maar die ondersoek is nog aan die gang. “Die publiek word hiermee in kennis gestel dat hierdie voormalige werknemers nie meer die maatskappy verteenwoordig nie en BFSG sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige transaksies wat oor die laaste tydperk met hulle plaasgevind het nie,” het die verklaring van BFSG gelui. Die maatskappy het hulself van die drie gedistansieer en sê die stappe om hulle af te dank, was nodig en dat BFSG steeds ’n goeie beeld wil behou en goeie diens aan die publiek sal lewer. Christo het by navraag aan Die Pos gesê dat die bewerings heeltemal ongegrond is, maar hy het bevestig dat hulle afgedank is. Hy het gesê die polisieondersoek sal bepaal of hulle krimineel vervolg sal word of nie. Hy het voorts gesê dit is nodig om pasaangeërs uit lyke te verwyder omdat dit radioaktief is en tydens ’n verassing kan ontplof. Hy het ook gesê dit sal onsinnig wees om pasaangeërs wat reeds gebruik is, aan ander pasiënte te smous, aangesien dit ’n ander pasiënt se lewe kan verkort. Mapharumela is volgens hom “opgelei om sekere chirurgiese snye op lyke” te maak. Christo het vir 20 jaar op Bela-Bela as begrafnisondernemer sake gedoen. Teen druktyd is die saak nog ondersoek.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.