2
Kommer oor geweld op N1
4
®
24 Junie 2016
bl. 17 - 19
R6.00
Foto ter illustrasie
Woede oor ‘straattroue’
Nylstroom (Modimolle) blaas 150 kersies dood
’n Renosterkoei is verlede naweek by Forever Resorts op Bela-Bela geskiet en die renosterhoring gestroop nadat sewe vermeende stropers drie veiligheidswagte oorval en een noodlottig gewond het. Op die foto (bo) is die renosterkoei wat die stropers afgemaai het.
Renoster gestroop Foto: Heritage Protection Group
terwyl veiligheidswag doodbloei
Andries van der Heyde ’n Dubbele tragedie het in die vroeë oggendure van Vrydag, 17 Junie, by Forever Resorts op Bela-Bela afgespeel nadat ’n veiligheidswag en ’n renoster geskiet is. In ’n verklaring van Forever Resorts aan Die Pos word gesê sewe gewapende mans het toegang tot die reservaat gekry en drie veiligheidswagte van die Protrack Anti Poaching Unit, wat renosters by die oord oppas, oorval, vasgebind en aangehou. Voor die stropers die renosterkamp betree het, het hulle een van die wagte in die been geskiet. Dié wag het doodgebloei. Die stropers het daarna ’n renosterkoei geskiet, die renoster se horing gestroop en
gevlug, lui die verklaring. Ao. Jannie Venter, ondersoekbeampte, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van moord en onwettige jag. Hy het gesê twee van die stropers het by die wagte agtergebly terwyl die res die renoster geteiken het. Die gewonde veiligheidswag het glo aan die mans gesê dat hy koud kry, waarna hulle toe vir hom ’n vuur gemaak het, het Venter gesê. Die wagte het DIE kabelbande (cable ties) waarmee die stropers hulle vasgebind het, naby die vuur gehou om te smelt, waarna hulle hulp gaan soek het, het Venter gesê. Die polisie is ontbied en lede van die Heritage Protection Group (HPG) se hulp is ook ingeroep. Ben Engelbrecht van HPG het by navraag gesê hulle het sewe spore deur die reservaat
tot by die R101 na Pienaarsrivier gevolg waar die spore opgehou het. Terwyl die soekspan in die omgewing na leidrade gesoek het, het hulle op ’n byl, ’n lang mes en ’n kamera afgekom. Die kamera het glo aan die wag wat dood is, behoort. ’n Vuurwapen is ook later in die omgewing gevind. Die saak is intussen na die polisie se georganiseerde misdaadeenheid in Polokwane oorgeplaas, het Venter gesê. Die wag se lykskouing is op Dinsdag, 21 Junie, gehou. Die naam van die oorledene kan tans nie bekendgemaak word nie. Hy was oorspronklik van Giyani, het ’n verteenwoordiger van Protrack aan Die Pos gesê. Forever Resorts se verklaring lui dat dit as
’n uitsonderlike voorval hanteer word aangesien dit op ’n afgeleë deel van die reservaat plaasgevind het, weg van die gaste. Die oord wil gaste gerus stel dat die oord veilig vir besoekers is en dat die polisie die saak ondersoek. * In ’n afsonderlike voorval is ’n man op Sondag, 19 Junie, in die vroeë oggendure in Uitbreiding 5 in die Bela-Bela-township by sy huis vermoor. Sonti Johannes Ntshudisane (48) is deur drie mans met ’n bottel gesteek en met ’n klip doodgeslaan, het Venter gesê. Die polisie het omstreeks 10:00 Sondagoggend drie mans in hegtenis geneem wat met die moord verbind word. Hulle sal binnekort in die Bela-Belalanddroshof verskyn.
12