Vermeende dwelmhandelaar vasgetrek Boom in pad laat dorp in duister
2 3
Swaai die stokke saam met Arno
32
®
24 Oktober 2014
R6.00
Lisensiekantoor gesluit ná skorsings ‘Ons is nie heeltemal seker waar ons tans staan nie, want ons kort bevoegde mense om die werk in die lisensiekantoor te doen. Die lisensiekantoor is tot verdere kennisgewing gesluit en die publiek sal in kennis gestel word wanneer dit weer oop sal wees.’ Andries van der Heyde
Laaste pret voor eksamen begin Die jaarlike sportdag tussen Hoërskool Nylstroom se Glyers (skoolverlaters) en Blyers (die res van die skool) is elke jaar groot pret net so voor die jaarlikse matriekeksamen afskop. Leerders ding mee op die rugby-, netbal- en hokkieveld. Izobel van der Walt wys tydens vanjaar se byeenkoms so ’n bietjie meer “lyf”. Foto: Herman Steyn
WEN! WEN! WEN!
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Die munisipale lisensiekantoor op Bela-Bela is voorlopig tot verdere kennisgewing gesluit omdat minstens sewe werknemers van die verkeersafdeling glo al sedert Augustus weens beweerde bedrog en wangedrag uit hul poste geskors is. Die geskorstes sluit ’n superintendent en klerke in die lisensiekantore in. Die onafhanklike munisipale vakbond, Imatu, het intussen ook tot die saak toegetree. Volgens een van die geskorste werknemers met wie Die Pos gepraat het, is hulle ingelig dat hulle met volle betaling uit hul poste geskors word. Hulle is per brief in kennis gestel dat hulle die geleentheid het om tydens ’n dissiplinêre verhoor redes te gee hoekom hulle nie geskors moet word nie. Daar word egter onder meer aangevoer dat die korrekte prosedures vir hul skorsing nie gevolg is nie en dat hulle in die pad gesteek is voordat hulle hul saak kon stel. Die Pos het ’n afskrif van ’n brief van Imatu onder oë gehad, waarin die vakbond beweer die skorsings was onwettig omdat geen ondersoek binne 48 uur ná die skorsings gedoen is nie. Imatu het ook aangevoer dat die skorsingsperiode volgens wet nie langer as drie maande mag wees nie. Imatu het na verneem word voorts
navraag gedoen oor die munisipale bestuurder, Morris Maluleka, se aanstelling as munisipale bestuurder. Hulle wou onder meer weet of sy kontrak as waarnemende munisipale bestuurder hernu is en bewyse vir Maluleka se aanstelling is deur die vakbond aangevra. Imatu beweer indien hy bewyse kan verskaf dat hy aangestel was toe hy die werknemers geskors het, sal die vakbond fokus daarop om hul lede se skorsing te verdedig. Indien Maluleka nie bewyse verskaf nie, beteken dit glo dat hy buite sy magte opgetree het en die saak sal na die Suid-Afrikaanse Bedingingsraad vir Plaaslike Regering verwys word. Matome Sebelebele, munisipale woordvoerder, het by navraag aan Die Pos gesê hulle is in die proses om die dissiplinêre prosesse af te handel. “Ons is nie heeltemal seker waar ons tans staan nie, want ons kort bevoegde mense om die werk in die lisensiekantoor te doen. Die lisensiekantoor is tot verdere kennisgewing gesluit en die publiek sal in kennis gestel word wanneer dit weer oop sal wees,” het hy gesê. Die nuwe toetsgronde in Van der Merwestraat, waarheen die verkeersdepartement veronderstel was om vandeesmaand te skuif, is steeds nie oop vir die publiek nie. “Die perseel kort steeds meubels voordat dit amptelik sal open,” het Sebelebele gesê.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER