Die Pos 25 Julie 2014

Page 1

Mookgophong spog eersdaags met nuwe koopsentrum

2

Riekert se gesondheid glo in tronk geknou

6

Modimolle hartseer oor Ans Woite

4

®

R6.00

25 Julie 2014

Modimolle se lugruim bewe

Hanno de Beer was aan die stuur van hierdie 1942 Boeing Stearman tydens verlede naweek se Taildragger Fly-in op Modimolle. Foto: Adam Barnard

Meer as 25 vliegtuie vlieg in vir spogskou by Modimollevliegveld Denise van Bergen Die Taildragger Fly-in wat jaarliks op Modimolle aangebied word, is tans een van die grootste byeenkomste van sy soort in die land en is verlede naweek vir die vyfde agtereenvolgende jaar suksesvol

WEN! WEN! WEN!

aangebied. Toeskouers het weer in hul hordes saamgetrek om vlieëniers se vliegvaardighede te bewonder, en te smul aan die heerlike eetgoed wat van vroeg af by die onderskeie stalletjies verkoop is. Hierdie uitstappie is ewe gewild onder oud en jonk. Van die vliegtuie is vir die okkasie ingevlieg, terwyl ander per pad vervoer is. Teen Vrydag, 18 Julie, was daar reeds 25 vliegtuie by die vliegveld, waar die byeenkoms gehou is. Daar is die aand om die braaivleisvure gekuier, terwyl interessante stories uitgeruil is, ou vriende herenig en nuwe vriendskappe aangeknoop is. Dié wat nie by nabygeleë gastehuise oornag het nie, kon in tente slaap wat met beddens toegerus was. ’n Paar van die

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

gaste het sommer onder hul vliegtuie se vlerke uitgekamp. Hoewel dit vanjaar ietwat koeler was as met verlede jaar se byeenkoms, was die weersomstandighede teen Saterdag, 19 Julie, perfek. Die dag was van vroeg tot laat gevul met vliegaktiwiteite — ’n gedreun van altesaam 120 vliegtuie — van ’n Citation tot ’n klein KR. Teen die aand is ’n prysuitdeling gehou, waartydens vlieëniers erkenning ontvang het vir hul vliegvaardighede en ander prestasies. Derek Hopkins is met die toekenning vir die vlieënier met die beste lugmanskap bekroon, terwyl Sue Singleton as die “Real Happy Camper” aangewys is. Karl Jensen het die “GPS Raffle-toekenning” ontvang. Jannie du Plessis het gesorg dat besoek-

ers ná die prysuitdeling met lekker musiek vermaak is, terwyl aandete geniet is en daar gesellig gekuier is. Ná ontbyt die Sondagoggend is daar opgepak en reggemaak vir die terugkeer huis toe. Die vlieëniers het hul dank vir nóg ’n baie geslaagde byeenkoms aan Richard en Mariëtte Nicholson, wat die byeenkoms gereël het, op die klub se webtuiste uitgespreek. Die Nylstroom-vliegklub is baie tevrede met die verloop van die naweek en bedank elke vlieënier en helper tydens dié geleentheid, asook almal wat belanggestel en die geleentheid bygewoon het. Die organiseerders hoop om almal wat hou van vlieg en vliegtuie, weer by aanstaande jaar se Taildragger Fly-in (1719 Julie) te sien.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 25 Julie 2014 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu