Die Pos 25 Mei 2018

Page 1

Sakekamer vra hulp met kragkrisis

2

Dorp gis oor hoë se ‘bedanking’

5

Skolesport op sy beste ®

25 Mei 2018

R8.00

Siesa! Berig op bladsy 2

Modimolle se stortingsterrein is al jare lank ’n kopseer en gesondheidsgevaar vir nabygeleë inwoners. Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het die munisipaliteit die lisensie vir die sluiting van dié terrein en die opening van die nuwe herwinningsterrein in die Drie Hekke-omgewing in Januarie vanjaar ontvang. Volgens haar sal die nuwe terrein teen einde 2019 voltooi wees. Dié foto is die afgelope week geneem. Foto: Herman Steyn

24

Nagmerrie by plaashuis Berig op bladsy 3

André Lewis hou sy verloofde, Nicolene Human, en hul baba, ook Nicole, beskermend vas ná ’n noue ontkoming tydens ’n mislukte plaasaanval helder oordag op Dinsdag 15 Mei buite Vaalwater. Die gesin is ontsettend getraumatiseerd nadat aanvallers met alle mag probeer het om by die huis in te breek waarin Nicolene en Nicole alleen was. Samewerking van talle lede uit die Vaalwater-gemeenskap wat op haar noodoproepe gereageer het, het waarskynlik die ma en baba se lewe gered.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.