®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
25 Oktober 2013
diepos.linmedia.co.za
— Beste plaaslike koerant
Ses mense buite Mookgophong aangeval Marietjie Steenkamp Nog ’n voertuig is op die N1snelweg buite Mookgophong afgedwing en die insittendes beroof en aangerand. Dié voorval het omstreeks 01:00 op Woensdag, 9 Oktober, plaasgevind nadat ’n bakkie, waarin ses mense gereis het, ’n pap wiel opgedoen het. Klippe is, soos voorheen in Die Pos berig, in die pad gepak om die ryvlak te versper, en die voertuig het oor die klippe gery. Die ses insittendes is vanuit die bosse langs die snelweg deur ’n groep mans aangeval. Die insittendes, almal Zimbabwiese burgers, was op pad in ’n noordelike rigting toe die voorval plaasgevind het. Nadat hulle uit die voertuig geklim het, is daar verskeie skote op hulle gevuur en die meeste van die insittendes het op die vlug geslaan. Die man wat besig was om die band te herstel, is oor die kop geslaan met ’n harde voorwerp en het ernstige kopbeserings opgedoen. Die aanvallers het ’n selfoon, sowat R28 000 kontant en ’n paspoort gebuit. Die polisie is dadelik ontbied.
Hulle het ’n 9 mm Norincopistool in die veld daar naby gevind. Ná ’n ondersoek is bevestig dat dié wapen aan ’n persoon, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, behoort wat glo twee weke vantevore in ’n soortgelyke voorval op dieselfde plek betrokke was. Die wapen is weggestuur vir vingerafdrukontleding. Waarskuwingsborde is op Vrydag, 18 Oktober, langs die N1-snelweg aangebring om motoriste bedag te maak op die moontlike gevare. Die polisie maan die publiek weer om onder geen omstandighede langs dié gedeelte van die snelweg stil te hou nie. Ao. Mape Modiba het bevestig dat vier sake in dié verband ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
2
Nóg reën is nodig
Marlene Vermaak Marlene Vermaak Ontstoke inwoners van Vaalwater is nou keelvol vir die watertekort op dié dorp. Die afgelope paar weke is Die Pos oorval met klagtes oor buitensporige hoë munisipale rekeninge en watertekorte op Vaalwater. Volgens Riaan van Zyl, inwoner en sake-eienaar op Vaalwater, was sy laaste waterrekening nou die laaste strooi. “My gemiddelde waterrekening die afgelope jaar beloop ongeveer R500 per maand, maar dié maand staan die bedrag op ’n skokkende R6 075.73. Ek vermoed ek betaal vir lug, want daar was geen water vir minstens twee weke van die maand nie.” Nadat Van Zyl vir ure van bakboord na stuurboord gestuur is, het Tilla van der Merwe van die Modimollemunisipaliteit hom te woord gestaan. Daar is aan hom gesê dat hy die rekening maar net eenvoudig sal moet betaal, en dat hulle “later daarna sal probeer kyk”. Volgens Marcelle van Zyl, eienaar van Little Five Guesthouse op Vaalwater,
Waarskuwingsborde is op Vrydag, 18 Oktober, langs die N1-snelweg naby Mookgophong aangebring om motoriste bedag te maak op moontlike gevare.
‘Aanranders weer in hof’
Inwoners van Vaalwater keelvol vir watertekort
11
Só onthou skrywer Alma
moes sy verlede jaar deur min of meer dieselfde situasie gaan. Sy het een maand ’n rekening van R11 500 vir water ontvang, en moes dit maar net doodeenvoudig betaal. “Die munisipaliteit wou nie eens weer daaroor praat ná die tyd nie, en ek het geen krediet ontvang soos wat belowe is nie.” Volgens verskeie ontstoke inwoners het die dorp bloot net nie water nie. “Ek moes maar met ’n waterkar by ’n plaaseienaar gaan water koop om in my spaartenk by die huis te gooi. Dinge kan nie so aanhou nie,” het Henk Jacobs van die Brotherwood-houtfabriek gesê. Nog ’n inwoner, Hans Roos, sê dat hy nie kan verstaan waar die water heen gaan nie. Volgens Roos het hy al menige kere self by twee van die dorpsboorgate gaan kyk, en albei die pompe werk goed. Volgens sake-eienaar en inwoner, Ben van Buuren, kom vra sy werknemers nou al vir twee weke water by sy huis, want daar is glo nie water in die Lesideng-gebied op Vaalwater beskikbaar nie. (Foto op bl. 2.)
6
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom