Die Pos 26 April 2013

Page 1

®

R6.00

www.buildersdiscount.co.za

26 April 2013

— Beste plaaslike koerant

Pyl mis vrou rakelings

Hoofnuus

Kotzé ‘kan nie onthou’

diepos.linmedia.co.za

Beste

in die land

Hof hoor ‘monster’ het haar glo verafgod BLADSY 2

Andries van der Heyde

Piet Fourie sterf

BLADSY 5

Nóg ’n renoster afgemaai ‘Ons is besig om hierdie oorlog te verloor’ BLADSY 6

Die Pos het op Vrydagaand, 19 April, tydens ’n spoggeleentheid in Midrand ’n gesogte ATKV Mediaveertjie-toekenning ontvang as die beste plaaslike koerant in die land. Die Mediaveertjies word toegeken aan mense in die bedryf wat in die loop van ’n gegewe jaar ’n uitnemende bydrae in Afrikaans gelewer het. In die koerant-kategorie het Die Pos die verhoog gedeel met onder meer Neels Jackson van Beeld, Murray La Vita van Die Burger, Hanlie Retief van Rapport, Erns Grundling van Media24 en Dana Snyman van Media24. Die Pos is geloof vir sy goeie nuussin en gemeenskapsbewustheid. Op die foto is Bea Emslie en Keina Swart, eienaars van Die Pos, met die toekenning.

Dié pyl het amper vir Engela van den Berg van Bela-Bela getref waar sy in haar erf op die dorp besig was om tuin nat te maak.

As sy wasgoed opgehang het, was Engela van den Berg van Bela-Bela heel waarskynlik vandag in die hospitaal. ’n Verdwaalde pyl het haar op Woensdag, 17 April, rakelings gemis waar sy in haar erf in Bothastraat besig was om tuin nat te maak Die pyl het die grond reg by die wasgoedlyn getref. “Sê nou maar ek het wasgoed opgehang? Wat dan?” het sy aan Die Pos gesê. Kapt. Bakkies du Preez van die Bela-Bela-polisie het aan Die Pos gesê ’n mens het nie ’n lisensie nodig vir ’n pyl-en-boog nie, maar as iemand iemand anders raakskiet of doodskiet, sal die verantwoordelike persoon strafregtelik aangekla word. “Baie mense oefen met hulle boë in hulle erwe, wat hulle wel mag doen. Dit was seker ’n ongeluk, maar as iemand seerkry, sal hulle die gevolge moet dra,” het hy gesê. Die pyl is tans by die polisiestasie op die dorp. Van den Berg het aan Die Pos gesê dat sy nie ’n klag sal indien teen die persoon wat haar amper raakgeskiet het nie en dat dié een maar sy of haar pyl by die polisiestasie kan gaan haal.

DIESEL

? STEWING BEEF

4245

TEL: (014) 717-5552 26 April - 3 May 2013

SPECIALS HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

Bulk Lamb Packs

KG

Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

6395

Nylstroom

KG

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 076 035 9082 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.