Die Pos 26 April 2018

Page 1

Wees versigtig by winkelsentrums

2

Klipgooiers bedreig mense op snelweg

3

Hansies groet hoof ná 15 jaar

5

®

26 April 2018

R8.00

Marlene van Staden, burgemeester van die ModimolleMookgophong-munisipaliteit en Bianca Mocke, raadslid en voorsitter van die sosiale dienstekomitee waaronder die verkeersdepartement val, kyk deur ’n venster na die skade wat die brand by Mookgophong se lisensiekantoor aangerig het. Volgens Mocke word papierwerk van transaksies in dié deel gestoor. Die ander helfte van die gebou is op die oog af nie so erg beskadig nie. Daar kon nog nie bepaal word watter toerusting vernietig is voordat die polisie se forensiese eenheid die toneel besoek het nie, maar Mocke het gesê dat die vervanging van die dak en rekenaartoerusting derduisende rande sal beloop. Foto: Ronél van Jaarsveld

Vlamme stuit nie

bedrogondersoek

Ronél van Jaarsveld en Marietjie Steenkamp Die munisipale lisensiekantoor in Mookgophong was in die vroeë oggendure op Dinsdag 24 April in ligte laaie en is in puin gelê. Die brand het vermoedelik om 02:00 uitgebreek. Die drama het afgespeel te midde van ’n hoëvlakondersoek na beweerde grootskeepse bedrog by dié kantoor. Volgens ondersoekers op die toneel is dit

onbekend hoe die brand ontstaan het en sal dit deur die polisie se forensiese ondersoekeenheid bepaal word. Daar word bespiegel dat die brand gestig is om moontlike bewysstukke in die korrupsieondersoek te vernietig. Die provinsiale departement van vervoer het volgens Gordon Horn, hoof van hul eenheid teen bedrog en korrupsie, reeds voor die brand die papierwerk verwyder wat hulle nodig het vir hul ondersoek. “Die brand sal nie ons saak belemmer nie,” het hy gesê. Inwoners van Mookgophong was vroeër

die afgelope week ontsteld nadat daar verneem is dat ’n afdeling van die lisensiekantoor tot verdere kennisgewing gesluit is. Inwoners moet nou na Modimolle ry om transaksies te doen. Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophongmunisipaliteit, het die departement van vervoer se teenkorrupsie-eenheid besluit om die afdeling wat met nuwe aansoeke vir leerling- en rybewyse werk, tydelik te sluit. Dit volg nadat gerugte van moontlike bedrog in dié afdeling bekend geword het,

het sy gesê. Die volle aard van die ondersoek is nog nie bekend nie, maar aansoekers sal nou in Modimolle aansoek moet doen om nuwe rybewyse. Van Staden het gesê die munisipaliteit sal sy volle samewerking aan die ondersoekspan gee en dat hulle dit verwelkom dat korrupsie ook op hoë vlak beveg word. Dit is nog nie bekend of daar spesifieke individue ondersoek word nie. Van Staden het gesê as daar bewyse van bedrog is, sal die amptenare die gevolge daarvan moet dra, al lei dit tot tronkstraf.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.