BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Man vas nadat vrou by treinspoor aangerand is Inwoners sien ROOI oor bloedwater
3 11
®
26 Junie 2015
R6.00
12
Inwoner bekoor wêreldwyd met klein treintjies
Skok ná leerder se dood in koshuis Marietjie Steenkamp Die leerders en onderwysers van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong is geskok en hartseer ná die tragiese dood van een van hul matriekleerders, Mihandri Laboff. Die 17-jarige Mimi, soos sy onder haar vriende bekend gestaan het, het op Maandag, 22 Junie, haar eie lewe in haar koshuiskamer geneem. Mihandri se pa het haar Maandagoggend ná die naweek skool toe gebring sodat sy haar wiskunde-vraestel kon skryf. Volgens haar onderwysers en vriende het hulle geen vreemde gedrag opgemerk wat kon aandui dat sy iets beplan nie. Toe sy egter nie vir aandete opgedaag het nie, het ’n personeellid en een van haar vriendinne onraad vermoed en haar gaan soek. Haar kamerdeur was van binne gesluit en nadat die deur oopgekry is, het hulle haar op die vloer aangetref. Sy het haarself vermoedelik met ’n gordel opgehang. Haar mede-koshuisbewoners was erg getraumatiseer en die meisies het Maandagaand by vriende of onderwysers gaan oornag. Mihandri is oorspronklik van Mokopane en haar ouers, Magda en Johan Laboff, woon steeds op die dorp. Luidens ’n verklaring wat die skool uitgereik het, was Mihandri ’n depressielyer en die skool het toegesien dat sy weekliks by ’n sielkundige
uitkom vir hulp. Op hierdie stadium is die redes vir haar optrede onbekend en sy het ook geen brief gelaat nie. “Ná die voorval is sielkundige en pastorale hulp aan die leerders en ander betrokkenes verleen. Hierdie hulpverlening gaan voort en berading is steeds aan alle leerders en onderwysers beskikbaar,” lui die verklaring. Die skool was op Dinsdag, 23 Junie, gesluit en die eksamen is weens die hartseer gebeurtenis uitgestel. Leerders wat eksamen sou skryf, sal dié vraestel nou eers ná die skoolvakansie skryf. Die skool sluit op Vrydag, 26 Junie, vir die wintervakansie. “Vandat Mihandri rekenaarwerk goed onder die knie gekry het, het sy haar vrye tyd opgeoffer om die rekenaarkamer te beman sodat die ander leerders smiddae kon werk,” het Liana Geyer, een van haar onderwyseresse, aan Die Pos gesê. George Klopper, hoof van Hoërskool Hans Strijdom, het haar dood as ’n tragedie bestempel. Volgens haar maats was sy altyd besig om grappies te maak en was sy baie liefdevol. “Ons blou Hansie-vlammetjie brand dof vanoggend. Die Hansievlag hang halfmas in ons harte,” is op die Hansies se Facebook-blad geskryf. “Namens die beheerliggaam, hoof, personeel en leerders wil ons ons medelye teenoor Mihandri se naasbestaandes betuig,” het dr. L.M. Grobler, ondervoorsitter van die beheerliggaam, gesê. Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het bevestig dat ’n matrikulant haar eie lewe in haar koshuiskamer geneem het. Die polisie is besig met ’n ondersoek. Mihandri se begrafnis sal op Saterdagoggend, 27 Junie, om 10:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk in Ruiterweg, Mokopane, plaasvind (Lees ook berig op bl. 2).
‘Ons blou Hansievlammetjie brand dof’
Mihandri Laboff, gr. 12-leerder van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong, wat dié week haar eie lewe geneem het.
WEN!
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER