Prokureur steel trustgeld
2
Historiese gebou in brand verwoes
3
Drie honde wreed vergiftig ®
26 September 2014
R6.00
2
Bella Diedericks (links) word vandeesweek deur een van haar vriendinne by die hof ondersteun. Sy is bykans twee jaar gelede wreedaardig deur Morgan Mashishi en Isaac Tebele (regs) verkrag. Die landdros in die saak het dié week beslis hy sal nie verdere vertragings in dié twee mans se saak duld nie. Foto: Herman Steyn
Verkragsaak wéér nie afgehandel Andries van der Heyde Bella Diedericks, wat in Desember 2012 op ’n grusame manier by haar huis buite die dorp aangeval en verkrag is, sal eers op Vrydag, 24 Oktober, uitvind wat die lot van haar aanvallers is. Talle van Diedericks se vriendinne het vandeesweek by die Bela-Bela-landdroshof in wit klere opgedaag om haar te ondersteun. Met haar aankoms by die hof is sy deur die groep vroue met drukkies en wit rose oorweldig. Die uitspraak sou vandeesweek wees, maar burokratiese rompslomp het daartoe gelei dat die saak wéér uitgestel is. Die twee mans, Morgan Mashishi (30) en Isaac Tebele (25), het haar bykans twee jaar gelede op die gesin se hoewe op Roodepoort oorval en in die veld verkrag.
WEN! WEN! WEN!
Die mans is vroeër deur landdros Theuns Prinsloo skuldig bevind op klagtes van roof, aanranding, ontvoering, die besit van ’n onwettige vuurwapen en verkragting. Tebele is onskuldig bevind op aanklag van die besit van ’n onwettige vuurwapen. Die mans sou op Maandag, 22 September, gevonnis word. Daar is nog net gewag vir die voorvonnisverslae wat by die hof ingedien moes word. Die hof het egter Maandag gehoor dat die persoon wat daarvoor verantwoordelik was, nagelaat het om dit te doen. Hy het aangevoer dat dit nie sy verantwoordelikheid was nie en iemand anders moet die verslae voltooi. Die hof was genoodsaak om die saak na die volgende dag, Dinsdag, 23 September, uit te stel om duidelikheid oor dié aangeleentheid te kry. Tebele het tydens die verrigtinge in die
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
getuiebank gesê hy is siek en kort mediese hulp. Hy het gesê hy “bloei” en is onder polisiebewaking na die Warmbad-hospitaal geneem vir behandeling. Prinsloo het dit duidelik gestel dat die verdediging ’n doktersbrief vir Tebele se gesondheidstoestand moet indien. Op Dinsdag, 23 September, het die mans weer verskyn, maar die verslae was steeds nie by die hof nie. Die hof het gehoor dat Tebele se doktersbrief aandui dat hy aan geen kwale ly nie, maar hy het tydens dié dag se verrigtinge in die getuiebank opgegooi. Prinsloo het beslis indien daar wéér ’n vertraging in die prosedure is, sal hy met die vonnis voortgaan. Gerrit Pienaar, staatsaanklaer, het vroeër daarop aangedring dat die mans lewenslange tronkstraf vir hul dade opgelê moet word.
Gemoedere het hoog geloop nadat die saak vertraag is. Verskeie van Diedericks se ondersteuners was teleurgesteld omdat die saak nie afgehandel kon word nie. (Nog foto’s op Die Pos se Facebook-blad by Poskoerant Limpopo.) • Lodewyk Riekert, ’n groentesmous van Bela-Bela, het ook vandeesweek in die hof op die dorp verskyn. Hy word aangekla van die moord op sy vrou, Mia, in April vanjaar. Sy verhoor sal van 1-5 Junie 2015 in die rondgaande hof op Modimolle plaasvind. Riekert se gesondheid het glo ’n knou gekry sedert die hofsaak begin het en volgens sy regsverteenwoordiger, Jan-Louis Hattingh, het hy moontlik ’n bloedklont in die been opgedoen. Riekert sal in Pretoria in aanhouding bly totdat die hofsaak begin.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER