Die Pos 27 Junie 2014

Page 1

Wedvlugduiwe word deur jagters geteiken

2

Swaarvoertuie ry dorp se paaie flenters

3

Paartjie gaan voort met klagte ná baba se dood

4

®

R6.00

27 Junie 2014

Petroltrok slaan om op N1 Denise van Bergen Motorryers wat op Saterdag, 21 Junie, op die N1snelweg onderweg was, het groot geskrik toe ’n bewegende trok omgeslaan en begin brand het. Volgens polisiewoordvoerder, ao. James Findlay, was die trok om ongeveer 12:00 dié dag op pad in die rigting na Polokwane, toe die bestuurder, wat van ’n Pretoriase maatskappy is, glo beheer oor die trok verloor het. Findlay sê die trok het omgeslaan, op sy sy beland en vermoedelik weens die impak aan die brand geslaan. Niemand is in die ongeluk beseer nie. Die bestuurder is slegs vir skok behandel. Die voorval het gelukkig geen verkeersopeenhoping op die pad veroorsaak nie. Volgens Findlay is die baan na Polokwane tydelik toegemaak, maar die suidelike baan was wel oop vir verkeer van albei kante af. ’n Petroltrok het op Saterdag, 21 Junie, op die N1-snelweg omgeslaan en begin brand. Niemand is beseer nie.

Vermiste vrou dood buite Bela-Bela gevind Andries van der Heyde Ronel Fourie (51) wat op Maandag, 16 Junie, as vermis aangemeld is, is op Woensdag, 18 Junie, dood in haar bakkie buite Bela-Bela gevind. Leerders van ’n nabygeleë skool het op haar bakkie afgekom waar dit op ’n grondpad naby die Emmerentia Geldenhuyssendingstasie geparkeer was. Fourie is dood in die bakkie aangetref. Sy het haarself volgens die polisie in die voertuig vergas. Ao. Tommie van Blerk, ondersoekbeampte in die saak, het aan Die Pos gesê Fourie is dood aan koolstofmonoksiedvergiftiging. Die lykskouing is die volgende dag afgehandel.

WEN! WEN! WEN!

Ronel Fourie (middel) van Bela-Bela is op Woensdag, 18 Junie, dood buite die dorp aangetref. Saam met haar op die foto is haar dogters, Yolandi van der Merwe en Michelle Kuik by ’n gradeplegtigheidsgeleentheid.

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Volgens Van Blerk was Fourie volgens alle aanduidings ’n depressielyer. Die polisie vermoed dat sy reeds dood is op die dag dat sy vermis geraak het. ’n Hartseer vriendin van Fourie, Erica Krige, het aan Die Pos gesê dat dit Fourie se sesde selfmoordpoging was. Krige het gesê haar vriendin het finansiële probleme gehad en gesukkel om haar maandelikse finansiële verpligtinge na te kom. Haar eksman, Jannie Fourie, het haar egter voor haar dood finansieel bygestaan en Krige sê dat hulle baie dankbaar daaroor was. Fourie het tot met haar dood by die Sondela-natuurreservaat se wildsentrum gewerk. Volgens Mel Meyer, operasionele bestuurder by Sondela, het Fourie die afgelope twee jaar as administratiewe personeellid by die boerdery- en bewa-

ringsafdeling gewerk. Hy het gesê haar dood gaan ’n groot leemte by Sondela laat. “Sy was regtig ’n smiley face en het mense gebless. ’n Mens kom agter as iemand weg is omdat ons soos ’n familie is en almal hier, veral die studente, gaan haar mis want sy was ’n ma vir baie,” het Meyer gesê. Volgens Krige het Fourie by haar ouers, Roy en Annetjie van Helsdingen, buite BelaBela gewoon. “Ronel was iemand wat altyd die ekstra myl vir ander gestap het. Hoewel sy swaargekry het, het sy altyd ander gehelp,” het sy gesê. ’n Roudiens is op Woensdag, 25 Junie, by die Hervormde Kerk op Bela-Bela gehou. Fourie laat haar twee dogters, Yolandi van der Merwe van Pretoria en Michelle Kuik van Centurion, asook haar ouers, Roy en Annetjie van Helsdingen van Bela-Bela, na.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.