Die Pos 27 Maart 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Reuse-krokke kom kuier op die dorp

2

Nuwe begin ná wrede mesmoord

3

Luislang val vrou in kamer aan

5

®

R6.00

27 Maart 2015

Bylaanvaller verkrag vrou op plaas Die huis naby Vaalwater waar ’n vrou en haar drie jong kinders die afgelope week ’n traumatiese aanval beleef het. Die vrou is met ’n byl en tuinslang aangerand, en ook verkrag.

Marlene Vermaak ’n Vrou is vandeesweek wreed met ’n byl by ’n plaashuis naby Witfontein, Vaalwater,aangeval en verkrag terwyl haar 8-jarige dogtertjie die aanval aanskou het. Die gesin was besig om van Lephalale na die plaas te verhuis. Die booswig het net twee selfone en ’n klein bedrag kontant gevat. Die 41-jarige vrou en haar drie jong kinders het op Maandag, 23 Maart, by die plaashuis naby Witfontein, sowat 30 km buite Vaalwater, agtergebly terwyl haar man ’n laaste vrag goedere op Lephalale gaan haal het. Die vrou en haar kinders het begin uitpak.

“Ek het teen 10:50 nog met haar gepraat en sy het gesê sy is besig om uit te pak. Ek kon nie glo toe ek ’n oproep van my skoonseun kry wat sê hy het my dogter erg bebloed en geskok by die huis gekry nie,” het die vrou se verslae ma die afgelope week aan Die Pos gesê. “Hy het gesê hy jaag met haar na ’n dokter op Lephalale.” Die aanval het vermoedelik tussen 11:00 en 12:30 gebeur. “My dogter is wreed met ’n byl oor die kop gekap. Die aanvaller het haar buitentoe gesleep en onder die watertenk verkrag.” Hy het haar heeltyd met ’n stuk tuinslang geslaan. Die drie kinders was vermoedelik besig om in ’n die kamer te speel toe hulle ’n harde

Toe my pappa met die bakkie vol goed by die huis aankom, het my mamma in ’n hopie op die gras langs die huis gelê en huil. Hy het uitgespring en na haar toe gehardloop.

stamp teen die agterdeur hoor. Hulle het hul ma met ’n man sien stoei, waarna hy haar buitentoe gesleep het. “Hy het baie lelike goed vir Mamma geskree soos: ‘vandag gaan ek jou vrek maak,’” het die 8-jarige ná die aanval aan die polisie en ook aan Die Pos gesê. “Toe my pappa met die bakkie vol goed by die huis aankom, het my mamma in ’n hopie op die gras langs die huis gelê en huil. Hy het uitgespring en na haar toe gehardloop.’” Die 6-jarige dogtertjie en 4-jarige seuntjie het in die badkamer weggekruip tydens die aanval. Daar was binne minute ’n groot klomp mense op die toneel nadat ’n inwoner, Popsie Fletcher, ’n hulpkreet op ’n Facebook-blad vir die dorp geplaas het. Lede van die Vaalwateren Dorsetpolisiestasies, die Save the Waterberg Rhino-projek, Waterberg Ranger Services, Quemic-veiligheidsgroep en baie boere en vrywilligers uit die omgewing het opgedaag om die verdagte te help soek. Die Modimolle-polisie se honde-eenheid en ’n forensiese span het ook gehelp met die ondersoek. Spoorsnyers van Mokopane was ook gou op die toneel. Teen saktyd is niemand nog aangekeer nie. * ’n Ander inwoner in die omgewing, Saska Dercksen, het aan Die Pos vertel dat ’n dief op Vrydag, 13 Maart, húl huis wat slegs 500 m van die huis is waar die vrou aangeval is, besteel het.

WEN!

’n Skootrekenaar, selfone en selfoonlaaiers word vermis. “Ons was in die huis besig toe die dief of diewe vermoedelik by ’n oop deur ingestap en die goed gevat het. Ons het die polisie dadelik laat weet, maar hulle het gesê omdat daar nie ingebreek is nie, kon hulle nie juis iets aan die saak doen nie.” “Ek en my kinders was die oggend van die aanval op die ander vrou alleen by die huis, toe ek ’n man se gesig voor my venster sien staan. Ek het groot geskrik en geskree: Wat soek jy? Ek het vir die kinders geskree en ons het al die vensters en deure toegemaak. Ek was bang dat dit dieselfde skurk is wat ons besteel het.” Dercksen het haar vriendin, Yolanda Hattingh (néé Nel), gekontak om haar van die man te vertel. Hattingh het so gou moontlik op die plaas probeer uitkom, maar was in ’n motorbotsing met ds. Johan Bosman van die NG Kerk op Vaalwater betrokke. Die ongeluk het by die enigste vierrigtingkruising in die hoofstraat gebeur. “Ek was vreesbevange toe ek Saska probeer terug bel en sy nie antwoord nie. Ek het die ergste verwag en was heeltemal verbouereerd. Ek was só bang dat ek op die plaas gaan aankom en hulle beseer of vermoor aantref. Die verdagte was moontlik toe reeds op pad na die ander huis toe.” Dercksen en Hattingh is oortuig dat dieselfde man wat Dercksen besteel het, die buurvrou aangeval het.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

14

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.