Die Pos 27 Oktober 2017

Page 1

Trok jaag deur werkers se huis

6

Munisipaliteit sê ekskuus oor plakkery

3

Mans in hof ná moord op Pattie (73) ®

27 Oktober 2017

R6.00

4

Bela-Bela se eiendomstransaksies

in parlement bekyk

Die Pos-span “Hier is te veel deals op julle dorp. Almal wheel and deal.” Só het Desirée van der Walt, DAparlementslid, op Maandag, 23 Oktober, tydens ’n DA-vergadering Bela-Bela se eiendomstransaksies in ’n neutedop aan ’n volgepakte laerskoolsaal opgesom. Dié vergadering volg ná ’n spannende week op die dorp nadat EFF-lede op Sondag, 15 Oktober, reg in die middel van ’n goed ontwikkelde woonbuurt op die Alma-pad en oorkant Laerskool Warmbad se sportterrein op ’n oop stuk munisipale grond probeer plak het. Gemoedere het kookpunt bereik nadat die EFF op Bela-Bela op hul Facebook-blad onder meer geskryf het dat “the white monopoly capital living in the area” hulle tydens die beoogde grondgryp glo met die polisie gedreig het. Dié situasie het inwoners genoop om ’n noodvergadering op Woensdag, 18 Oktober,

in die Hervormde-kerksaal op die dorp te hou waar verskeie gemeenskapsleiers, sakelui en inwoners hulle kommer oor die situasie uitgespreek het. Tydens dié vergadering is daar bewerings gemaak dat die EFF-lede derduisende rande aangebied is om op die grond te plak om druk op die munisipaliteit uit te oefen om eerder privaat grond te koop ten einde die vraag na laekostebehuising in dié munisipale gebied op te los. Die plakkers het ná afloop van dié vergadering soos mis voor die son verdwyn. Sello Moswoeu, EFF-raadslid en dié party se koukusleier, het intussen tydens ’n onderhoud met Die Pos en The Beat ontken dat hy omkoopgeld aangebied is om op dié grond te plak, maar gesê dat hy ’n mandaat van die EFF gehad het om die grond te beset om die munisipaliteit “te dwing” om aandag te gee aan die behuisingsnood onder die armes op dié dorp. Die EFF het op Dinsdag, 24 Oktober, ’n skrywe aan die munisipaliteit oorhandig waarin die munisipaliteit sewe dae tyd gegee word om vorendag te kom met werkbare

planne vir behuising vir die armes. Indien die munisipaliteit nié binne die ooreengekome tyd — wat op Dinsdag, 31 Oktober, verstryk — reageer nie, sal hulle voortgaan om grond te beset — wat volgens hom ook ánder eiendomme insluit. Die grondgrypvoorval was skynbaar die vonk in die spreekwoordelike eiendomskruitvat op dié dorp en ná afloop van dié vergadering het verskeie mense Die Pos gekontak oor bewerings van eiendomsonderhandelinge en –transaksies wat die wenkbroue laat lig. Die koerantspan was aan die ontvangkant van dokumente en bandopnames waarin bewerings gemaak word dat sakelui, munisipale raadslede, amptenare en individue betrek word by eiendomstransaksies waar daar glo omkoopgeld aangebied is en waar “bruin koeverte” glo van hande verwissel het en ander “gunsies” toegestaan is. Die redaksiespan het die afgelope week onverpoosd gewerk om dié dokumente te bestudeer, na bandopnames te luister en onderhoude met eiendomsontwikkelaars,

’n Kaart van Bela-Bela wat die afgelope week aan inwoners tydens ’n vergadering gewys is. Op die kaart word die stuk grond by Towoomba (regeringsgrond) uitgewys, die Elnet Trust (met Pieter Homan en Sanet von Wielligh as trustees) en Roodekuil (Fred van Heerden se grond).

grondeienaars, die munisipaliteit en politieke partyleiers te voer om agter die kap van die byl te kom. Van der Walt het op Dinsdag, 24 Oktober, aan Die Pos bevestig dat sy reeds indringende vrae by die parlement ingedien het oor sekere omstrede grondtransaksies op die dorp wat betref die name van kopers en verkopers, koopbedrae, markwaarde en geskiktheid van sekere stukke grond vir behuising. In haar vrae wat sy aan die minister van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings (CoGHSTA), David van Rooyen, in die parlement sal rig, word daar onder meer verwys na die plaas Roodekuil, No 496 KR wat aan die Elnet Trust behoort (sien meegaande kaart oor die ligging van dié eiendom). Daar is deur die Bela-Bela-munisipaliteit by die Limpopobehuisingsontwikkelingsagentskap (HDA) aansoek gedoen om dié stuk grond glo vir die bedrag van R80 miljoen aan te koop vir die ontwikkeling van laekostebehuising. (Vervolg op bladsy 2.)

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.