®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
27 September 2013
diepos.linmedia.co.za
— Beste plaaslike koerant
40 000 hektaar verwoes Marietjie Steenkamp
Amanda Duvenhage en Izak de Villiers het stylvol in pers gelyk tydens Hoërskool Hans Strijdom se matriekafskeid wat op Maandagaand, 16 September, plaasgevind het. Foto: Elsabé Pienaar. Meer foto’s van die Nylie- én Hansie-matrieks op bl. 22 en 23
Nuutste Misdaadsyfers
2
Skade van derduisende rande is aangerig nadat ’n verwoestende brand weiding op plase in die Mookgophong-gebied asook groot dele van Nylsvley Natuurreservaat verwoes het. Naboomspruit Radiokommunikasie (NRK) het die eerste boodskap van moontlike brandstigting op Dinsdag , 17 September, rondom 13:30 van Werner van den Berg ontvang. Hy was op pad tussen Mookgophong en Roedtan toe hy die brand ongeveer vyf kilometer buite die dorp in die rigting van Roedtan opgemerk het. Die brand het binne munisipale grond begin en, aangedryf deur ’n sterk wind, vinnig versprei. Mense wat ingeskakel is op NRK het dadelik gereageer en planne in plek gekry om die brand te beveg. Om 24:00 dieselfde dag was die brand onder beheer, maar het op Woensdag, 18 September, weer opgevlam nadat daar glo nie genoegsame opvolgwerk deur plaaseienaars gedoen is nie. Die vuur het vinnig versprei in die rigting van Boekenhout na die bekende wêrelderfenisgebied, Nylsvley Natuurreservaat. Die hulp van Working On Fire is vanaf Vaalwater ingeroep om bystand te verleen. Twee van hulle helikopters, wat 1000 liter water op ’n keer kan dra, is gebruik en het water uit groot poele in die Nylrivier geskep om die vlamme te blus. Die vuur het verdeel en die nasionale erfenisgebied, Mosdene, het ook in die slag gebly. Teen die tyd dat die vuur Nylsvley bereik het, was daar feitlik geen keer nie en drie voëlskuilings by Vogelfontein in die reservaat het afgebrand, het Marion Mengell van Friends of Nylsvley in ’n e-pos aan Die Pos geskryf. “Groot konstruksiewerk is nodig om sommige van die besoekpunte vir toeriste so spoedig moontlik te herstel,” sê Mengell. Philip Boardman van die NRK het aan Die Pos gesê dat enorme skade aan dié bewaringsgebied aangerig is
Hospital disaster
3
en die “hele ekologiese sisteem is versteur”. Die skade aan diere en voëllewe kon met die ter perse gaan van die koerant nog nie bepaal word nie, maar verskeie diere moes van kant gemaak word en ander het doodgebrand. Twee voertuie is ook beskadig en sommige van die brandslaners moes deur drade ry in ’n poging om die brand onder beheer te kry. “Dit is van kardinale belang om brandpaaie op plase te maak en om toegang tot plase te hê,” het een van die brandslaners na afloop van die gebeure gesê. In sommige gevalle moes daar net eenvoudig drade geknip word om by die vlamme uit te kom. Daar was ook noue ontkomings waar die vlamme so erg was dat van die brandslaners ligte brandwonde opgedoen het. Die samewerking tussen die belangrikste rolspelers was die rede dat die brand uiteindelik op Saterdagmiddag, 21 September, om ongeveer 13:00 finaal geblus is. Brandslaners en boere in die omgewing kon nie uitgepraat raak oor die hulp wat uit alle oorde gestroom het nie. Besighede op die dorp asook individue het bydraes in die vorm van kos, water en drinkgoed gemaak om aan die ongeveer 60 brandslaners, wat in skofte gewerk het, verligting te bring. Sommige brandslaners het skofte van tot 48 uur gewerk. Die brand is uiteindelik onder beheer gebring weens die spanpoging van die NRK in samewerking met die DLU, die militêre basis, Working On Fire, Mookgophong-munisipaliteit, vrywilligers van die dorp — wat nie eers grondeienaars is nie — én selfs plaaseienaars van buite die gebied. “Die radio-kommunikasie van NRK was skitterend en die operasie sou nie daarsonder uitgevoer kon word nie,” het dr. HP Erasmus, een van die brandvegters, gesê. Altesaam 40 000 hektaar is afgebrand en die brandlyn was op ’n stadium 26 km lank. Volgens Wynand Möller van die NRK was dit “ongelooflik om ’n gemeenskap so te sien saamstaan in tye van nood. Dit kan ’n mens weer hoop gee vir die toekoms”.
Bielie van ’n buffelbul
14
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom