BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Gesin in gru-ongeluk
2
Wag verdrink in Warmbad-dam
3
Hansies kraai koning ®
28 Augustus 2015
R6.00
25
Eens ’n spogwoning, nou ’n seeroog
Dié tuin wat eens welig en versorgd was, is nou ’n woesterny en die huis word al hoe meer vervalle. Dié huis in Wolmaransstraat op Modimolle, wat aan landdroste uitgeteken word, behoort sover vasgestel kan word aan die nasionale departement van openbare werke (DOW), maar weens onbetaalde munisipale gelde deur ’n vorige huurder, kan die huis nie oorgedra word aan ’n nuwe landdros nie. Ronél van Jaarsveld Afgebrande grasperke, gebreekte vensters en kos wat in die kaggel gemaak word. Dít is al wat oor is van die landdroshuis wat eens een van die spog-eiendomme op Modimolle was. Dié huis in Wolmaransstraat, ’n seeroog tussen goedversorgde huise, het bure jare lank reeds raadop. Die Pos het voorheen berig oor hul klagtes dat die bebosde erf rotte en muise lok. Die tuin word glo verwaarloos en die gras staan meestal skouerhoogte. Die grasperk het glo enkele weke gelede afgebrand. Die bure is bekommerd omdat daar al meer sluipslapers in en uit die erf beweeg. Dit laat hulle onveilig voel, het van
die bure aan Die Pos gesê. Die Pos het op Donderdag, 22 Augustus, gaan kyk hoe die erf lyk. Waar die gras nie afgebrand het nie, het dit hoog en verwaarloos gestaan. Papiere het die erf vol gelê en van die vensters was gebreek. Deur die vensters kon ’n mens sien dat daar mense is wat in die huis slaap en kos in die kaggel voorberei. ’n Man wat geweier het om met Die Pos te praat, het uit die huis gekom. Hy wou nie bevestig of hy regmatig op die eiendom is of nie. Die huis behoort, sover daar vasgestel kan word, aan die nasionale departement van openbare werke (DOW) in Polokwane. Die plaaslike DOW het by navraag gesê dat hulle nie verantwoordelik vir die huis is nie. Die huis is glo voorheen uitgeteken aan
senior landdros Aaron Mahumani, wat na bewering nie baie tyd daar deurgebring het nie. Hy het onlangs uit sy pos bedank en die huis is weer beskikbaar. Na wat Die Pos verneem is die uitstaande munisipale skuld op die eiendom, in die naam van K. A. Mahumani, R17 431. Die munisipaliteit wil glo nie die rekening afsluit voordat die skuld betaal is nie en die huis kan dus nie oorgedra word aan ’n volgende huurder nie. Pieter Boshoff, een van die bure, sê dat die huis probleme veroorsaak. “Ek maak elke aand die huis se hekke toe en elke oggend staan dit wawyd oop. Ons het al vyf of ses verskillende mans getel wat in en uit die erf beweeg. Daar hang soms handdoeke by die vensters uit. Dit lyk asof daar slaapplek vir agt mense op die grond in die huis gemaak is,” sê hy.
WEN!
Die huis se vensters is gebreek en die potte wat in die kaggel staan en beddens wat op die vloer gemaak is, maak dit duidelik dat die huis bewoon word. Die huis is egter ongemeubileerd. Onika Motseledi, ’n huiswerker by een van die bure, het gesê dat sy al die heeloggend agter geslote deure sit en nie wasgoed kan ophang nie, omdat sy bang is vir die man wat op die erf rondstaan. “Ek het al gesien dat hulle gebukkend langs die mure loop sodat niemand hulle sien nie,” het sy gesê. “Dit is asof niemand verantwoordelikheid wil neem vir dié huis nie,” sê Boshoff. “Van die ander huise wat onder die plaaslike DOW val, se erwe word darem elke nou en dan netjies gemaak,” het hy gesê. Die polisie het op Donderdag, 22 Augustus, ná Die Pos se besoek, die huis deursoek. Volgens Boshoff het die man wat op die erf was, weggehardloop, maar is in die huis in ’n klerekas aangekeer. Daar is egter geen klagtes teen hom gelê nie. Teen saktyd kon Die Pos nog geen verdere inligting oor die huis by die DOW kry nie.
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
12
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER