ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant
Gaste en werkers van lodge wreed gemartel 3
Al die sweet, aksie en drama by interhoër ®
28 Februarie 2014
R6.00
28 ’n Volkswagen Polo met vier insittendes het op Woensdag, 19 Februarie, op sy dak by die Zeederberg Spar-kompleks op Vaalwater geland. Die bestuurder van dié voertuig, wat onder weg was van Lephalale na Pretoria, kon glo nie betyds stop of draai by die Vaalwateraansluiting nie en die voertuig het op sy dak te lande gekom. Niemand is ernstig in die voorval beseer nie. Die vier mans is per ambulans na die F.H. Odendaalhospitaal op Modimolle en is dieselfde dag ontslaan.
Amptenaar verkoop glo vals sertifikate Die amptenaar het glo matrieksertifikate verkoop vir tussen R200 en R2 000. Die SETA-opleidingskool, wat oorspronklik gestig en nou bestuur word deur die Bela-Bela-munisipaliteit en vanaf die munisipale skougronde op die dorp bedryf word, staan midde-in dié debakel. Andries van der Heyde ’n Amptenaar van die Bela-Bela-munisipaliteit het glo vervalste matrieksertifikate aan leerders verkoop wat nie hul matriekeskamen geslaag het nie. Butane Mabunda het glo matrieksertifikate verkoop vir tussen R200 en R2 000. Die SETA-opleidingskool, wat oorspronklik gestig en nou bestuur word deur die BelaBela-munisipaliteit en vanaf die munisipale skougronde op die dorp bedryf word, staan nou midde-in dié debakel. Die Pos op Facebook en Twitter
Volgens Glen Manamela, woordvoerder van die Bela-Bela-polisie, het Mabunda glo ’n medepligtige, Angelina Dihlokwana Seema, gehad wat glo ook sertifikate verkoop het. Volgens Andries Visser, hoofspesialis in onderwys en leerder-assessering by die Waterberg-distrikkantoor op Modimolle, het ’n leerder hom genader met aantygings dat Mabunda sertifikate aan leerders verkoop het. Visser en die leerder het die polisie met die inligting genader en die polisie het ’n klopjag uitgevoer op Mabunda se kantoor nadat ’n hofbevel bekom is.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.com
Volgens Manamela het die polisie 240 vervalste sertifikate in Mabunda se besit gevind. Daar is later bevind dat 15 vervalste sertifikate glo toe reeds aan mense verkoop is. Volgens Visser het ’n leerder glo ’n matrieksertifikaat getoon wat wys sy het in 2008 matriek geslaag. Nadat die sertifikaat vir verifikasie geneem is, het dit aan die lig gekom dat die inligting op die dokument glad nie ooreenstem met die leerder se besonderhede nie. Mabunda het glo die vervalste sertifikate op munisipale rekenaars gemaak en
uitgedruk. “Die (vervalste) sertifikate is na die Umalusi-kantore (die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding) in Pretoria gestuur vir hofdoeleindes, maar ons is oortuig dat die sertifikate vervals is,” het Visser aan Die Pos gesê. Mabunda en Seema het op Maandag, 24 Februarie, in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklagte van vervalsing en verspreiding van matrieksertifikate. Die saak is uitgestel na Dinsdag, 25 Maart, vir verdere ondersoek.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
17