ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant
Reënskade veroorsaak chaos by begraafplaas
3
Myle se pret by Bosveldmyl ®
40
28 Maart 2014
R6.00
Bejaarde (86) ure lank
gemartel Denise van Bergen
Engela Nel van die Zebra Parksekuriteitsoord op Modimolle ’n dag nadat sy glo deur haar tuinwerker aangeval, vasgebind en vir ure in haar huis aangehou en geteister is vir geld.
Die Pos nou ook op Facebook en Twitter
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za
Engela Nel (86) van die Zebra Park-sekuriteitsoord op Modimolle, het op Woensdagnag, 19 Maart, vir haar lewe, asook vir haar tuinwerker se siel, gebid nadat hy haar glo oorval en ure lank in haar huis aangehou en emosioneel geteister en rondgeruk het. Thomas Madimetsha Kemp het glo ongeveer vyf jaar lank vir Nel in haar tuin gewerk en ook gehelp met ander take in en om die huis. Sy het aan Die Pos vertel dat Kemp op dié betrokke dag sy gewone vriendelike en gemoedelike self was. Nadat hy om ongeveer 16:30 klaar gewerk het, het hy saam met Nel kombuis toe gestap, nes altyd, waar sy hom vir die dag se werk moes betaal. Hy het ’n register gehad waarin hy gewoonlik ontvangs geteken het vir sy geld. Sy sê dat hy op dié dag kastig vir haar ’n lekkende kraan in die badkamer in haar slaapkamer wou wys, maar dat sy nie saam met hom soontoe gestap het om te gaan kyk nie. Sy het net vir hom gesê dat daar nie tyd was daarvoor nie. Sy was van plan om hom by die huis te gaan aflaai, aangesien dit gelyk het asof dit binnekort sou reën. Kemp het haar toe glo vir meer geld gevra, maar Nel het vir hom gesê dat sy nie soveel geld het nie. Die volgende oomblik, vertel sy, het dit vir
EK O S E G Die polisie op Modimolle is op soek na Thomas Madimetsha Kemp in verband met die voorval. Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan vir ao. Koos van der Berg bel by tel. 072 534 5334.
haar gevoel asof sy deel is van ’n nare droom. Toe sy omdraai om haar motorsleutel op die kombuistoonbank te vat, het hy haar glo van agter om die nek gegryp en begin wurg. Sy is hard op die kop geslaan en het vir ’n ruk haar bewussyn verloor. Lees verder op bl. 2.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
16