Die Pos 28 November 2014

Page 1

Twee kinders verdrink tydens skool se pretdag

3

Motorryers is siek en sat vir pad-chaos

4

®

28 November 2014

R6.00

Bekende jaers laat enjins brul

36

Waterberg steek oeroue skatte weg ’n Grafkelder in ’n onderaardse wêreld van ongeveer 3 000 jaar oud ’n Vierkantige ingang wat netjies uitgebeitel is Smaragde, berillium, rooi en groen toermalyn, asook rooi granaatstene Grafte met gebalsemde mummies Goue- en silwerware wat op hope gepak is Oeroue geraamtes wat met pyle deurboor is Ockert Stoltz (75) van Modimolle beweer dat die oorskot en skatte van ’n eeue-oue bevolking steeds in ’n onderaardse kelder in die Waterberg versteek lê. Denise van Bergen Diep in die maag van die Waterberge lê daar dalk ’n skat wat mense se asems binnekort heeltemal kan wegslaan. Ockert Stoltz (75), ’n afgetrede minerale prospekteerder van Modimolle, het die afgelope week aan Die Pos vertel dat hy die enigste oorlewende is van ’n soekgeselskap wat 60 jaar gelede op ’n reeks argeologiese ekspedisies was wat tot ongelooflike ontdekkings gelei het. Stolz, wat in dié tyd (1954) slegs 15 jaar oud was, sê die ontdekkings is gemaak met behulp van twee perkamentrolle wat in die wêreldberoemde Zimbabwe-reünes gevind is. Hy en sy peetpa (’n Namibiese argeoloog) was glo by toe die ontdekking gemaak is. Hy verduidelik dat hy die ekspedisies meegemaak het omdat hy toe besig was om opleiding te ontvang in mineraalprospektering, argeologie en die 1933-Bybel. Volgens Stoltz het een van die perkamentrolle se aanwysings hulle na ’n grafkelder in ’n onderaardse wêreld van ongeveer 3 000 jaar oud in die Waterberg-omgewing gelei.

WEN! WEN! WEN!

“Die hoofingang van die kelder was in ’n krater wat met groot klippe verseël was en in ’n grot ingeloop het. Dan was daar ’n vierkantige ingang wat netjies uitgebeitel en ongeveer 3 m in lengte en breedte was. Volgens hom het die mense van daardie tyd smaragde, berillium, rooi en groen toermalyn, asook rooi granaatstene direk vanaf die verseëlde krater-ingang gemyn. Daar lê ’n oeroue mynhoop van ongeveer 15 m hoog, ongeveer 60 m wyd en etlike honderd meter lank. Die bokant van die mynhoop is só perfek gelykgemaak, dat ’n mens met ’n vliegtuig daarop kon land. Daar was miljoene suiwer, helder kristalle op hierdie oppervlak gesaai, vertel hy. “Ons is met honderde trappe af, sowat 7 km ver, deur ’n donker gang. Aan weerskante van die mure in die gang was verskillende kleure tekeninge met oopgekapte grafte waarin gebalsemde mummies was. Sommiges was gedeeltelik verweer,” vertel hy. Volgens Stoltz was daar ’n baie sterk teenwoordigheid van onsigbare bewakers wat die plek opgepas het, wat die hele groep se hare laat rys het. Daar is volgens hom bewyse gevind dat Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

18

grafskenders probeer het om van die skatte weg te dra. Daar was byvoorbeeld goue- en silwerware wat op hope gepak was. Die goud was swart aangeslaan en die silwer gedeeltelik blou en geel verkleur, vertel hy. Stoltz sê dit was duidelik dat die mense wat die grafkelder eeue gelede bewoon het, hoogs intelligent was. Die koninklike fortuin, sê Stoltz, is deur middel van lokvalle beskerm teen moontlike plunderaars of diewe. Hy sê daar was bewyse van oeroue geraamtes wat duidelik met pyle deurboor was. Hy vertel verder dat die hoofskatkamer, waarin die “koning en koningin” in hul kiste gelê het, deur ’n 3 m by 3 m “wiel” verseël was. Die wiel was in ’n soort gleuf gerol sodat dit nie oopgemaak kon word nie. “Sou iemand dié wiel verwyder het om in te gaan, sou ’n kettingreaksie waarskynlik plaasvind wat tonne sleutelklippe, wat boop die wiel was, laat afstort het om ’n muur te vorm en die ingang afsluit,” verduidelik hy. Hy sê hy het destyds ’n belofte aan sy peetpa gemaak dat niks uit die kelders verwyder sal word nie, en dat hy die

inligting eendag sal opvolg om dit in die regte hande oor te gee. Mettertyd het bome en plante die hoofingang heeltemal toegegroei en slegs argeoloë en geoloë sal dit kan identifiseer wanneer hulle daar kom, sê hy.

Hy het aan Die Pos gesê hy was al verskeie kere terug na die terrein en weet presies waar dit is. Stoltz sê hy wil dié inligting graag onder die regte mense se aandag bring, maar is bang dat nuuskieriges en fortuinsoekers hom wil misbruik. “Dit gaan oor die navorsing. Ek is op soek na argeoloë en kundiges met die nodige toerusting, wat die befondsing van so ’n projek sal kan dra. Dit moet in klank en kleur en die regte beligting op video vasgelê word,” sê hy. Stoltz vra dat enigiemand wat hom kan help om met die regte mense in aanraking te kom, inligting via Die Pos se verslaggewer op Modimolle, Denise van Bergen, sal deurgee. Bel haar by tel. 072 034 7467.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.