Die Pos 28 Oktober 2016

Page 1

Oudleraar van Modimolle sterf

2

Polisie baie bedrywig

3

Pragbylae met afskeidfoto’s ®

28 Oktober 2016

R6.00

Binne

Die wapen en geld wat teruggevind is, asook die wapen wat in die aanval gebruik is.

Twee van die drie verdagtes net nadat hulle aangekeer is ná ’n aanval in die Crecy-omgewing. Marietjie Steenkamp Die drie aanvallers wat in Januarie vanjaar vir Nico en Annatjie Muller op hul plaas, Klipput in die Crecy-omgewing, aangerand en beroof het, is swaar gevonnis. Die drie booswigte, Kululeko Freedom Shongwe (46) van Ermelo, Albert Matwasa (45) ’n Mosambiekse burger, en Mooiman Jabulani Mahlanu (33) van Mabopane is op Donderdag, 20 Oktober,

almal tot 21 jaar tronkstraf in die streekhof op Mokopane opgelê. Altesame 18 jaar daarvan moet uitgedien word. Hulle het op agt aanklagtes van onder meer poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, asook die onwettige besit van wapens en ammunisie verskyn. Hulle is ook van poging tot moord op die mense wat hulle in hegtenis wou neem aangekla ná ’n oor-en-weerskietery. Volgens ao. George Ledwaba van

die polisie op Mookgophong, is hulle tevrede met die uitspraak en vonnis. Die aanvallers het tydens die plaasaanval vir Annetjie met ’n ystervoorwerp agter die kop geslaan en Nico is met ’n 9 mm-pistool, wat die aanvallers by hulle gehad het, oor die neus geslaan. Hy het in die proses sy bril verloor. Die Muller-egpaar is albei ook geskop, geslaan en vasgebind. Geld en ’n 9 mmpistool is tydens die aanval gebuit. Die

polisie en lede van die gemeenskap het die aanvallers dieselfde dag aangekeer. “Ons dink geregtigheid het geskied en verwelkom die vonnis. Mense moet besef dat hulle verantwoordelik gehou sal word vir hul dade. Ons is dankbaar dat Nico en Annatjie nie met hulle lewens geboet het nie, want die aanvallers was daarop uit om hulle te vermoor. Hulle het geen verbintenis met die plaas gehad nie,” het Ockert Scher-man, voorsitter van die Potgietersrus DLU, gesê.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 28 Oktober 2016 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu