3
Sakeman selle toe oor ‘oproer’ Twee onnies sterf in gru-ongeluk
4
®
29 Julie 2016
R6.00
Bobby en Karlien word Nylies
Woensdag is stemdag Woensdag, 3 Augustus, is ’n openbare vakansiedag omdat dit landwyd stemdag is. Kiesers kan vir kandidate stem wat hul plaaslike munisipaliteite vir die volgende vyf jaar sal bestuur. Daar is landwyd 44 distriksmunisipaliteite en 207 plaaslike munisipaliteite. Kiesers sal drie stembriewe kry waarop hulle kan stem: • vir ’n wykskandidaat; • vir die politieke party van hul keuse vir hul plaaslike munisipaliteit (dorp); • Vir die politieke party van hul keuse vir hul distriksmunisipaliteit (in Die Pos se lesersgebied is dit die Waterberg-distriksmunisipaliteit). Mense moet hul ID op stemdag saamneem sodat ’n verteenwoordiger van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) kan nagaan of die kieser wel op die kiesersrol verskyn. Kiesers wat wil vasstel of hulle geregistreer is, kan hul ID-nommer na tel. 32810 SMS. Die stemlokale sal van 07:00 tot 19:00 oop wees.
Bobby en Karlien van Jaarsveld, bekende Afrikaanse sangers, het hulself soos leerders by Hoërskool Nylstroom gedra. Hulle het twee dae saam met die kinders van die Abraham Kriel-kinderhuis deurgebring. Agter Bobby en Karlien is die gr. 10-leerders Elzere Drake, Adriaan Jonker, Leani Jacobs en Brandon Neveling.
Ronél van Jaarsveld Twee onverwagse leerders het op Maandag, 25 Julie, agter die skoolbanke by Hoërskool Nylstroom ingeskuif. Die gewilde Afrikaanse sangers, Bobby en Karlien van Jaarsveld, het saam met leerders van die Abraham Kriel-kinderhuis by die skool aangemeld — met skoolklere en al. Dié broer en suster is besig met ’n projek waaroor hulle nie nou al veel wil uitwei nie, maar hulle beloof dat hul aanhangers in November meer daaroor sal hoor. Bobby is al jare lank ’n beskermheer vir die
kinderhuis. Vir dié projek het hulle twee dae saam met die kinders van die kinderhuis deurgebring. Karlien het by Huis Protea en Bobby by Huis Soetdoring ingeskakel, waar hulle daarop aangedring het om hul tyd soos die kinders deur te bring. Hulle het ook twee aande daar geslaap. “Ek het ’n kamer met Gerhard en Johannes gedeel. Die seuns het my met ope arms ontvang en het oral briefies teen die mure opgeplak om my welkom te heet. ’n Mens het vooropgestelde idees, maar die seuns is soos ’n klomp broers bymekaar. Hulle is saam laf, baklei met mekaar en kom
vir mekaar op as een in die moeilikheid beland. Ek het tuis gevoel,” het ’n geesdriftige Bobby gesê. Karlien sê die meisies in Huis Protea het haar gou reggehelp. Af met die grimering en geen geverfde naels nie en sjuut, dit is nou slaaptyd. “Hulle het aan die ontbyttafel gegiggel omdat ek aangehou het om die reëls te oortree nadat die huismoeder gesê het ons moet ophou gesels,” het Karlien met ’n glimlag gesê. Die meisies het ook geskarrel om vir die baie petite Karlien ’n stel skoolklere bymekaar te kry. Karlien, wat aandrokke deur bekende ontwerpers en spykerhakke
met swier dra, het bewys dat daar niks fout is met die Nylies se skooldrag nie. Sy het dit reggekry om uit te staan in die gange tussen die groen geklede leerders. “Ons wou graag in die kinders se skoene staan sodat ons begrip vir hul lewens kan hê. Mense oordeel so maklik — ons wil wys watter ver en moeilike pad party mense stap. Dit is belangrik om respek vir mekaar te hê,” het Karlien gesê. Om weer in skooldrag te wees, was nie vir haar ’n aangename herinnering nie. “Ek is baie dankbaar daardie tyd is verby!” het sy gesê. Bobby was egter in sy element en het soos ’n stout skoolseun met daardie kenmerkende vonkel in sy oog gelyk. “Dit voel asof ek by die deur kan uitloop en my tjommies gaan soek!”
16