Moordenaar moet 20 jaar tronk toe
2
Hofgedinge stuit kragonderbrekings
3
Boer veg teen aanvallers ®
29 Maart 2018
R8.00
5
Inwoners ontruim ná hewige reënbuie
Andries van der Heyde Daar was groot verligting oor die afgelope week se wydverspreide reën in die Waterberg, hoewel daar ook skade was en ’n hele paar inwoners hul huise weens vloede moes ontruim. Die Suid-Afrikaanse weerburo het op Vrydag 16 Maart ’n waarskuwing uitgereik oor die tropiese sikloon, genaamd Eliakim, wat die noordoostelike dele van Madagaskar getref het. Die sikloon het Suid-Afrika nie getref nie, maar ’n koue front het stelselmatig oor die land beweeg en reën gebring wat veral in die Laeveld uitgesak het. Stormweer het die Waterberg-omgewing op Donderdag 22 Maart getref en vloede het kort daarna gevolg. Die inwoners van Pienaarsrivier is veral erg geraak. Die R101-pad tussen die Carousel en Pienaarsrivier is op Saterdag 24 Maart vir verkeer gesluit nadat dit oorspoel het. Gerugte het gou daarna ontstaan dat die
Gerugte het ontstaan dat die Pienaarsrivierbrug meegegee het weens die vloedwater en ook dat krokodille en slange stroomaf gespoel het.
Só het die Pienaarsrivier gelyk nadat vloedwater die dorp op Saterdag 24 Maart getref het. Talle huishoudings moes ontruim word. Foto: Herman Steyn
Pienaarsrivierbrug meegegee het weens die vloedwater en ook dat krokodille en slange stroomaf gespoel het. David Senosha, DA-raadslid, het by navraag gesê talle huishoudings in Pienaarsrivier moes ontruim word. Volgens hom het die vloedwater vanaf die Rust de Winterdam gekom. Hy het gesê ongeveer 15 huishoudings is tydelik na ’n ander heenkome verplaas sodat die skade aan hul eiendomme herstel kan word. Teen druktyd was nog net drie huishoudings ontwrig. “Die dreineringstelsel in Pienaarsrivier kon nie die vloedwater hanteer nie en die rioolaanleg is beskadig. Die plaaslike risikobestuurspan, vrywilligers, die verkeersdepartement en die polisie het egter goeie werk gedoen om die inwoners veilig te hou, het Senosha gesê. “Die owerhede sal egter moet seker maak of die brug veilig is en beter beplan vir Pienaarsrivier voordat iemand
’n volgende keer dalk sterf.” Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het Pienaarsrivier op Sondag 25 Maart besoek. ’n Voorlopige verslag is saamgestel en nadat die water gesak het, is die R101 weer oopgestel vir verkeer. Die brug is weer begaanbaar verklaar, maar die ondersoekspan kon geen teken van slange of krokodille kry nie. Ná die naweek het die gemiddelde reënval in die Bela-Bela-omgewing op 215 mm gestaan wat die verwagting geskep het dat die dorp se damvlakke aansienlik verbeter het. Die Modimolle-omgewing se reënval het tussen 100-200 mm gewissel. Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het die naweek bekendgemaak dat die Frikkie Geyserdam in Mookgophong 80% vol is ná die reën. Kabelo Mosito, woordvoerder van die
Bela-Bela-munisipaliteit, het kort voor die goeie reënval gewaarsku dat die dorp se damvlakke op slegs 28% staan. Die afgelope week het die situasie egter verander met miljoene liter water wat in die dorp se damme (Bischoffs-, Fish Eagle bay- en ou Warmbaddam) ingevloei het. Mosito het teen druktyd gesê die tegniese afdeling is steeds besig om te bepaal hoe die damvlakke gestyg het. Die weerburo het teen Maandag 26 Maart verklaar dat die reën afgeneem het. Die Vrystaat, Wes-Kaap en Oos-Kaap het tussen 1-17 mm aangeteken. Die weerburo voorspel verdere donderstorms vir die noordelike dele van Mpumalanga en Limpopo in die week wat voorlê. * Die departement van waterdienste in Modimolle het teen druktyd gesê die Donkerpoortdam is tans 21% vol, met sowat 384 234 kl water wat bruikbaar is.
8