BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Opruiming ná suur-ramp duur steeds voort Groot skade nadat veldbrand wingerd verwoes
8
2 5
Joyce van Heerden sterf ná lang siekbed
®
29 Mei 2015
R6.00
Die Feathers-restaurant buite Bela-Bela het verlede Sondag, 24 Mei, afgebrand. Volgens die nuwe eienaar, Shane Bailey, beloop die skade meer as R1 miljoen. Foto’s: Herman Steyn
Gewilde restaurant brand af Andries van der Heyde Die bekende Feathers-restaurant in die Roodepoort-omgewing buite Bela-Bela, het op Sondag, 24 Mei, afgebrand. Die restaurant is onlangs deur nuwe eienaars oorgeneem en hulle sou binnekort dié eetplek se amptelike opening gevier het. Shane Bailey, die nuwe eienaar, het aan Die Pos gesê die brand het ongeveer tienuur die aand ontstaan. “Nugter weet hoe dit gebeur het. Ons sou aan die begin van Junie ons grand opening gehad het, maar nou is
dit van die baan. Ons het gered wat ons kon, maar die skade is gedoen,” het hy gesê. Die restaurant se nuutaangestelde sjef, Lourens Jacobs, het die aand voor die uitbreek van die brand in die kombuis saam met ’n kollega kos op een van die gasstowe voorberei. Nadat hulle geëet het, het albei na hul wooneenheid elders op die kleinhoewe teruggekeer, het Die Pos verneem. Jacobs het aan Die Pos gesê dat hulle die vlamme kort ná 22:00 gesien het en Bailey in kennis gestel het. Die Pos is meegedeel dat daar min skade aan die kombuis aangerig is. Die vermoede
bestaan dat die brand elders in die restaurant ontstaan het. “Bela-Bela Crime Support se mense het eerste hier aangekom, maar die brandweer was bykans meer as ’n uur laat. Toe ons die polisie bel, het hulle gesê daar is nie nou ’n voertuig beskikbaar nie en hulle het ook eers later opgedaag. Hoe kan ’n mens iets probeer red as jou hande afgekap is?” het Bailey gevra. Die brandweer het wel later opgedaag en die vlamme help blus terwyl die personeel van Feathers probeer red wat hulle kon. Die brand is onder beheer gebring en ’n saak
WEN!
van brandstigting is deur die polisie geopen. Bailey het aan Die Pos gesê dat hy geen van die vorige personeellede oorgeneem het nie, maar nuwe personeel aangestel het vir die heropening van die restaurant. Die skade beloop volgens hom meer as R1 miljoen en die versekering moet nog uitsorteer word. “Hopelik sal ons teen Augustus weer oop wees vir etes,” het Bailey gesê. Ná Die Pos se besoek, het die polisie se forensiese eenheid met hul ondersoek by die afgebrande gebou begin.
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
23
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER