®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
2 Augustus 2013
diepos.linmedia.co.za
— Beste plaaslike koerant
Hoofnuus
Wat word van ons
Boos oor bestuur
BOME?
Inwoners ruk op na munisipale kantoor BLADSY 3
Diere wreed verniel Nege mans in hof oor jagtog met honde BLADSY 4
Onmin oor houthuis Smouse vat sakeman hof toe oor ‘winkel’ BLADSY 11
Daar is deesdae soveel mense wat steeds afhanklik is van vuurmaakhout om te kan bestaan, maar waar trek ’n mens die streep om te verhoed dat alles in die natuur tot niet gaan en inheemse bome heeltemal uitgeroei word? Foto: Denise van Bergen
Denise van Bergen Warm water en ’n stoofplaat om kos op gaar te maak, is iets wat baie van ons as vanselfsprekend neem. Dit is skrikwekkend wanneer ’n mens om jou rondkyk en sien hoeveel mense vandag nog afhanklik is van vuurmaakhout om ’n bestaan te maak. Omdat baie steeds nie toegang tot elektrisiteit het nie, is dit noodsaaklik vir die meeste van hulle om nog te gaan hout soek om hul families en kinders te versorg.
Die probleem is egter dat bome wat hierdie hout verskaf, en wat ons letterlik nodig het om asem te kan haal, vinnig besig is om ’n bedreigde spesie te word as ’n mens kyk na die stapels inheemse bome wat soos lyke in velde en langs die pad afgekap lê. Die Pos het die afgelope paar maande verskeie oproepe ontvang van ontstoke inwoners van Modimolle wat kla dat bome (en veral inheemse bome) links en regs gestroop word om as vuurmaakhout gebruik te word, of verkoop te word. Olienhoutbome (nog groen daarby) en raasblaarbome is maar enkele van die kos-
bare bome wat glo daagliks in die slag bly. Volgens talle klaers doen die polisie “net mooi niks” hieraan nie. “Dit help nie eens meer om met hulle (die polisie) te probeer praat nie, want hulle lig maar net hul skouers,” word oor en oor aan Die Pos vertel. “Die departement van natuurbewaring kom darem nog soms uit, maar die stropers vat die hasepad wanneer hulle iemand sien aankom en kan selde gevang word. As iets nie vinnig hieromtrent gedoen word nie, gaan ons een van die dae niks oorhê nie,” het een bekommerde inwoner gesê. (Lees ook berig op bl. 2)
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 076 035 9082 VAALWATER: 073 497 5636 / 083 286 4040
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za